| MHS Skoollied |
|---|
|
|
| Hoof Indeks | ||
|---|---|---|
|
| Informasie | ||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| Omsendbrief: Februarie 2012 |
|
13 Februarie 2012
Geagte Ouers
Baie welkom terug aan alle Middie-ouers en leerders. ‘n Spesiale woord van welkom aan ons nuwe Middie-ouers en leerders. Ons glo en vertrou dat 2012 vir elkeen van u vele suksesse sal inhou. Mag die vreugdevure hoog bly brand soos u saam met ons die jaar enduit gaan stap.
Volgens die S.A. Skolewet is ‘n ouer/voog wat ‘n kind inskryf as leerder in ‘n betrokke skool, wetlik verplig om die voorgeskrewe skoolgeld te betaal. Skooldgeld vir die jaar 2012 beloop R9600,00 per leerder. Let asseblief daarop dat sommige ouers moontlik op grond van die gesamentlike jaarlikse bruto inkomste van beide ouers, mag kwalifiseer vir gedeeltelike of volle vrystelling van betaling. Volledige besonderhede i.v.m. die aansoekprosedures, die kriteria asook die glyskaal waarvolgens dit bereken word, kan by die skoolfondskantoor verkry word en aansoeke om vrystelling moet voor of/op 15 MAART 2012 by die skoolfondskantoor ingehandig word. (Vorms is beskikbaar by die skoolfondskantoor). U bly verantwoordelik vir ALLE skoolgelde totdat u aansoek goedgekeur is. Indien die volle bedrag betaal word voor einde Februarie kwalifiseer u vir R500,00 afslag.
160 leerders skryf die NSS eksamen by MHS in November 2011. Slaag met ʼn algemene gemiddeld van 66, 35%. A simbole = 263 B simbole = 242 C simbole = 248
Top 10 matrieks van 2011:
Elsa Kleynhans ontvang nie net die prys as die beste leerder in English First Additional Language nie, sy is ook die nommer twee student in die provinsie. .../2
-2-
By Middies is ons trots om ons nuwe groen bloed aan u bekend te stel. Me. C. Marx, B. Odendaal, A. Sadie asook Mnre. R. Boshoff en K. Odendaal. Drie is oud Middie-leerlinge en ons glo die ander twee voel reeds ingeburger hier in Middieland.
In die lig dat MHS ʼn lang en besondere pad saam met u wil stap, neem ons die vrymoedigheid om u te nader vir ʼn borgskap/donasie om dit moontlik te maak om vlekvrye staal palisades rondom die skool op te rig vir ʼn meer doeltreffende sekuriteit en toegangsbeheer wat huidiglik ʼn groot kopseer is.
Die palisade sal bestaan uit:
· 12m Seksies (wat deur ouers, besighede, sportspanne, klasse, oudleerlinge, ens. geborg kan word). · Die koste aan ʼn 12m seksie beloop R14 400,00. (R1 200 per lopende meter). · Ouers, besighede, sportspanne en grade word uitgenooi om ons te nader vir die borg van 12m seksies. ʼn Naamplaat sal teen die pilaar gemonteer word om die borg van die bepaalde seksie aan te dui. · Columbus Stainless het die staal geskenk. · Bestaande mure sal toegerus word met ʼn 1,2m palisade bo-op, terwyl vollengte palisades 1,8m hoog sal wees met drie-ry baksteenmuurtjie onder en pilare weerskante, soortgelyk aan die nuwe muur langs die tennisbane, hierdie seksies vervang al die bestaande draadheinings.
Indien u sou belangstel om as donateur/borg op te tree, skakel gerus met Me. Erika Meyer by Hoërskool Middelburg.
NETBAL- + TENNISBANE:
Die netbal- sowel as tennisbane word herseël en sal voor die seisoen gereed wees.
MUURBALBAAN:
Die muurbalbaan is so te sê voltooi en sal gereed wees aan die begin van die tweede kwartaal.
Ondersteun asseblief ons gholfdag t.b.v. ons behoeftige leerdersfonds. U kan ʼn putjie borg of self kom deelneem. Kontak gerus Mnr. Jacques van Niekerk by die skool vir verdere navrae.
Leerlinge wat belangstel kan Mnr. PJ Haarhoff by die skool kontak. Daar word reeds aan die begin van die tweede kwartaal hiermee afgeskop.
Besoek gerus ons skool se webwerf by www.middies.co.za vir belangrike inligting, alle Middie-nuus, Middie-prestasies, Middie-foto's en nog baie meer. Registreer sommer dadelik vir ons .../3
-3-
skoolkommunikeerder. Kom haal gerus ‘n C.D. af by ons bemarkingskantoor of volg die skakel vanaf MHS se facebookblad. Ons moedig u aan om die skoolkommunikeerder te gebruik. Dit is gerieflik en hou u altyd op hoogte wat by Middies gebeur. Laai dit ook gerus op u selfoon af by die volgende skakel: selfoonkommunikeerder http://mobi.d6communicator.com/mobile/home en facebook www.facebook.com/hsmiddelburg. U sal ook sien die jaarkalender is volledig vir u gerief opgelaai.
· Leerders en onderwysers mag selfone skool toe bring. Voor skool en na skool mag selfone gebruik word. Tydens skoolure m.a.w. vanaf 7:30 - 13:40 mag selfone slegs MET toestemming gebruik word. Dit geld ook vir pouses, klaswisseling en toesigperiodes. Personeel mag gedurende skoolure slegs amptelike / belangrike oproepe ontvang of maak. · Inhoud van elektroniese kommunikasie (selfoon, bbm, facebook, twitter ens.) moet van so aard wees dat dit niemand tot nadeel strek nie. Waak teen nadelige inhoud op bogenoemde media. · Ouers en onderwysers het saam ʼn groot opvoedingstaak t.o.v. die groeiende elektroniese media. · Indien leerders selfone sonder die nodige toestemming of respek gebruik sal die straf as volg wees: 1. Eerste oortreding: Selfoon word konfiskeer: R100 om dit terug te kry. 2. Tweede oortreding: Selfoon word konfiskeer: R200 om dit terug te kry. 3. Derde oortreding: Selfoon word konfiskeer: R300 om dit terug te kry. 4. Vierde oortreding: Selfoon word gekonfiskeer. Leerder word voor die dissiplinêre komitee gedaag.
DISSIPLINE/DETENSIE: · Indien ʼn leerder 100 negatiewe punte op die dissiplinêre stelsel het (ongeag wat die positiewe punt is) sal so ʼn leerder op ʼn gegewe Vrydag detensie sit vanaf 13:00 - 15:00. M.a.w. twee ure. · Indien ʼn leerder 200 negatiewe punte op die dissiplinêre stelsel het (ongeag wat die positiewe punt is) sal so ʼn leerder op ʼn gegewe Vrydag detensie sit vanaf 13:00 - 16:00. M.a.w. drie ure. Indien ʼn leerder 300 negatiewe punte op die dissiplinêre stelsel het (ongeag wat die positiewe punt is) sal so ʼn leerder op ʼn gegewe Vrydag detensie sit vanaf 13:00 - 17:00. M.a.w. vier ure. Indien ʼn leerder meer as 300 negatiewe punte op die dissiplinêre stelsel het, ontvang hy/sy ʼn finale skriftelike waarskuwing, wat gepaard gaan met gesprekke met ouers, hoof of adjunkhoofde en ook die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam. · Daar mag ook van ‘n leerder verwag word om op die skoolterrein behulpsaam te wees.
Sien die huiswerkboekie in u kind se besit vir volledige inligting i.v.m. gedragskode.
Soos ons leuse dit duidelik stel: Fide Et Officio (Geloof en Plig). Basies is dit waarom elke leerder hier is. U kind het ʼn plig teenoor hulself om daardie gawe wat hul van hul Skepper ontvang het te ontwikkel en te vervolmaak en hulself voor te berei vir die lewe, wat ook al die akademiese eise is. As prioriteit geloof in hul Skepper te behou en om roepingsbewus te wees in elke trappie van die lewensleer oppad boontoe. Wees dus pligsgetrou selfs in kleiner sake. .../4
-4-
Deursettingsvermoë, selfdissipline en die wil om suksesvol te wees, is noodsaaklik. Onthou voorbereiding vir die eksamen begin reeds op die eerste skooldag van die jaar. Sien asseblief dat u kind erns maak van hul studies, hetsy eksamen, werksopdragte, take ens. Uit ondervinding het ons geleer, waar ʼn kind eers agter raak dit moeilik is om weer die werk in te haal. Motiveer, motiveer, motiveer - dis in u kind se eie belang en net hul kan die vrugte daarvan pluk.
Ouers probeer asseblief alle afsprake na skoolure reël. (Tandarts, dokter en lisensies). Dit is ontwrigtend vir die leerders en maak die taak van die opvoeder nie ligter as werk weer herhaal moet word nie. Vat ons hand en help ons om afwesighede tot die allernoodsaaklikste te beperk. Indien dit egter onvermydelik is en u kind wel afwesig sou wees, stuur asseblief ʼn verduidelikingsbriefie of doktersbrief na die registervoog. Dit sal dien as amptelike bewys van u kind se wettige afwesigheid. Maak seker dat u kind self reëlings tref om agterstallige werk in te haal.
Die skoolreëls is duidelik vervat in die huiswerkboekie in u kind se besit. Maak seker dat u, asook u kind deeglik kennis dra van die inhoud daarvan. Let veral daarop dat slegs amptelike sportdrag by byeenkomste en/of wedstryde gedrag mag word. Van elke Middie word verwag om al die skoolreëls ten alle tye stiptelik na te kom. Jy dra die beeld van jou skool uit. Jy moet in murg en been ʼn Middie wees.
TER AFSLUITING:
Wees as Middie-ouer saam met u kind positief. Onthou optimisme is gesonder, gelukkiger en gewilder as pessimisme. As hoof, opvoeders, bestuurspan en beheerliggaam is ons deure oop vir enige voorstelle, klagte, insette en hulp van u as ouer. Moenie huiwer om hiervan gebruik te maak nie. Ons luister en help graag waar dit vir ons moontlik is. Ek wens u elkeen sterkte toe vir ʼn baie besige en vol kwartaal en sluit graag af met hierdie wyse woorde: "Mag ek bewaar word van die wysheid wat niks meer kan leer nie, die wysbegeerte wat nie ruimte laat vir humor nie en die vernaamheid wat nie na ʼn kind kan luister nie".
Vriendelike Middie-groete
______________________
J.H. STRONKHORST -
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Toelatingsvorms |
|---|
Skool toelating vorms - Afrikaans
Skool toelating vorms -EngelsEpos : This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it |
| Kalender |
|---|
|
Onthou om die "School Communicator" dop te hou vir die nuutste gebeure! |
| Wat gebeur op Facebook? |
|---|

Brief vir voornemende middies vir 2013
Letter for application 2013