MHS Skoollied
Hoof Indeks
Tuisblad
Kalender
Fotos
Kontak Ons
Informasie
Inligting
Sport
Kultuur
Akademie
Landbou
Koshuise
Oud Middies
Nuus
Nuusbriewe
Toelatingsvorms

Skool toelating vorms

doc Afrikaans

doc Engels

Koshuis toelating vorms

pdf Afrikaans 70.14 Kb

Epos :  This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it  

Graad 8 - 2012 Inligtingsbrief

 

 Beste Voornemende 2012 MIDDIE

 

Baie geluk met jou besluit om aan te sluit by die Middie-familie.  Jy gaan beslis nie spyt wees oor jou keuse

nie ... ons is ‘n WENSPAN in groen en goud!  U kind sluit aan by ‘n skool wat ‘n ryke tradisie van prestasies

op akademiese-, kultuur- en sportgebied het.

 

Uit ondervinding wéét ons dat elke nuwe gr 7-leerling nie kan wag om MHS-skooldrag te gaan

aankoop nie.  DIE LAPA asook RETIEFS is ons skool se leweransiers.  Hier volg ‘n lys van

die skooldrag:

 

SEUNS:  SOMERSDRAG                      SEUNS:  WINTERSDRAG

 

Kakiehemp                                                       Wit hemp

Kort kakiebroek                                               Grys langbroek vir Gr. 8 & 9 met grys of swart belt -

Skooltrui en/of skoolbaadjie                          geen groot gespes (buckles) nie.      

Skool-oortrektrui                                            Skooldas

Groen skoolkouse met skoolkleure                   Swart toerygskoene met veters

(nie rugbykouse nie)                                         Skooltrui en/of baadjie

Swart toerygskoene (nie stewels of                Lang swart broek (Gr. 10, 11 en 12)

kerkskoene nie)                                                Een MIDDIE bandjie om arm word toegelaat

Groen skooldas                                                            Horlosie sonder versierings.  Slegs skoolkleure

Een MIDDIE bandjie om arm word                  bandjies word toegelaat.

Toegelaat                                                        Geen tongring word toegelaat nie.

Horlosie sonder versierings.  Slegs                  Geen "Drimac"nie.  Geen skoolsweetpak nie.

skoolkleure bandjies word toegelaat.              Groen skoolserp.  (Geen springbokserpe nie) 

 

DOGTERS:  SOMERSDRAG:

        

·        Groen romp (die lengte van ‘n dogter se romp moet vier vingers bo die knie wees).

·        Wit hemp met kort moue.

·        Swart skoene met bandjie oor die voet.

·        Kort wit sokkies (nie wolkouse nie).

·        Skool oortrektrui.

·        Skooltrui en/of baadjie indien nodig.

·        Groen, wit, swart of geel haarlinte.

·        Bruin of swart knippies (geen blink knippies).

·        Wit, swart of geel haarbande.

·        Een MIDDIE bandjie om arm word toegelaat.

·        Horlosies sonder versierings.

·        Oorringetjies:  Maksimum deursnit van nuwe 20c stuk met ‘n dikte van 2mm.  (Slegs goud of silwer) geen ontwerpe op die ringetjie / slegs een paar goue of silwer oorknoppies (studs).

Dit moet in die onderste gaatjie (indien daar meer as een oorgaatjie is) gedra word.  Slegs

een seëlring word toegelaat.  Oorbelle mag nie met pleisters toegeplak word nie.

·        Geen tongringe mag gedra word nie. 

 

                                                                                                                        .../2

 

 

 

 

 

-2-

 

DOGTERS:  WINTERSDRAG        

 

·        Groen romp (dieselfde as somersdrag).

·        Wit hemp met lang moue.

·        Skooldas.

·        Skool oortrektrui.

·        Skooltrui en/of baadjie as dit koud is / skooltrui en baadjie moet nie te groot aangekoop word nie.

·        Swart broekiekouse of groen "bobby socks".

·        Swart langbroek soos voorgeskryf.  (Geen stywe broeke of denims nie).

·        Skoene soos vir somersdrag.

·        Geen "drimac"nie!  Ook nie skoolsweetpak nie.

·        Slegs skoolserpe.  (Springbokserpe word nie toegelaat nie).

 

MIDDIEDRAG & SPORTDRAG:  (Beskikbaar by die Middiewinkel)

 

Ons is trots op die informele "Middiehempie & Middiekortbroek" (Middiedrag - beskikbaar by die Middiewinkel) wat leerlinge per geleentheid kan aantrek, as ondersteuners by sportgeleenthede of as 'n skoolgroep uitstappies onderneem.  Koshuisleerlinge mag ook hierdie drag aantrek op hulle "dorpsmiddae". Hierdie items is opsioneel.

 

Die Middiewinkel is gerieflik op ons skoolgronde geleë, reg langs die mediasentrum.

 

Middiewinkeltye:+

 

 

 


·        Dinsdae                        :           07:00 - 08:30 en 12:30 tot 14:00

·        Donderdae                   :           07:00 - 08:30 en 12:30 tot 14:00         Gedurende skoolkwartale

 

 

z  In eksamentye sal die Middiewinkel slegs in die oggende oop wees.  Enige navrae kan gerig word aan Antoinette Pratt (0828098504).

 

SPORTDRAG:

 

ATLETIEK:

 

·        Leerders wat nie die Lycra atletiekdrag het nie en die graad 8-leerders mag Middiedrag tydens die eerste twee byeenkomste van die seisoen dra. 

·        Die ander leerders mag slegs die Lycra-klere dra. 

·        Met Interhoër en Prestige byeenkomste moet alle atlete Middie Atletiekdrag dra.

·        Geen plakkies word by enige byeenkomste toegelaat nie.

 

ALLE ANDER SPORTSOORTE:  Sal deur u kind se afrigter deurgegee word.

 

 

 

                                                                                                                                    .../3

 

 

-3-

 

ALGEMENE INLIGTING

 

1.      Op die eerste skooldag (Woensdag,18 Januarie 2012) begin ons om 08:00 met formele saalopening. Alle nuwe ouers word hartlik uitgenooi om die opening in ons skoolsaal by te woon en daarna ‘n koppie tee of koffie in die personeelkamer te geniet. 

            Personeel sal egter vanaf 16 Januarie 2012 vanaf 08:00 tot 13:00 by die skool wees.

 

2.      AMPTELIKE SKOOLTYE VANAF 18 JANUARIE 2012:

 

·        Leerlinge tree elke oggend aan om 07:20 op die aantreeblok voor die podium.

·        Maandae: Formele saalopening na voogperiode wat om 07:30 begin.

·        Dinsdae - Vrydae: Formele opening buite op die aantreeblok.

 

    Sluitingstye:

·        Maandae - Donderdae:      07:20 - 13:40                                   

·        Vrydae:                              07:20 - 12:30

·        Eerste skooldag begin om 08:00 met saalopening

 

3.      SKOOLGELD EN KOSHUISTARIEWE:

 

Die eerste paaiement van R1 000 is betaalbaar op die eerste skooldag van 2012 wat afgetrek word

van die jaarlikse verskuldigde bedrag.  Die volle bedrag wat vir die jaar verskuldig is, word in

Januarie gehef.  Sodoende kan u ten alle tye op u rekeningstaat sien wat u uitstaande balans is.  Die

balans van R8 600 kan as volg betaal word.

 

v  Indien die volle bedrag voor 29 Februarie 2012 betaal word, sal ‘n korting van R500 toegestaan word.

v  Indien u verkies om maandeliks te betaal, sal die uitstaande R8 600 betaalbaar wees in paaiemente

 van R860 oor 10 maande.                                                                                                 

v  Debietorder:  Jaarlikse fooi per leerling:  R9 600,00 minus R1000 deposito. 

v  Indien u van ‘n debietorder gebruik maak, kan dit in 11 of 12 paaiemente vereffen word.  Ouers wat  

 vir ons ‘n debietorder onderteken het, se skoolgeld sal in 12 paaiemente verhaal word, vanaf die   

 2de Januarie 2012 tot die 3 Desember 2012 met ‘n paaiement van R720 per maand, of in 11

 paaiemente vanaf 01 Februarie 2012  tot 3 Desember 2012 met ‘n paaiement van R785 per maand. 

 Alternatiewelik 12 paaiemente met ‘n paaiement van R800 per maand (sonder deposito). 

 

LET WEL: 

 ‘n Derde en verdere leerder van ‘n gesin kry afslag en betaal slegs R4 800,00 per leerder.

        

KOSHUISGELD:

 

R14 900,00 per jaar. 

NB  Vooruit betaalbaar op die eerste dag van elke kwartaal.

 

            KWARTAAL 1:            R4 700,00

            KWARTAAL 2:             R4 700,00

            KWARTAAL 3:             R3 500,00

            KWARTAAL 4:             R2 000,00

 

         Breekskadedeposito van R500 vir nuwe inwoners eenmalig betaalbaar.                     .../4

 

 

-4-

 

4.  KOSTESTRUKTUUR MHS KOSHUISE 2011:

 

·        Eie leerlinge:        Nasorg                                     :           R30 per leerling per middag

Oorslaap (sonder ete) vir aand            :           R25 per leerling

Oorslaap en ontbyt                  :           R38 per leerling

Aandete, oorslaap en ontbyt   :           R50 per leerling

Middagete, aandete, oorslaap

en ontbyt                                 :           R70 per leerling.

 

·        Groepe, skole, department en soortgelyke instansies:

Ontbyt, middagete, aandete en oorslaap               :           R200 per nag per persoon.

 

5.       MERIETE:

Volgens 'n besluit van die Bestuursliggaam ken Hoërskool Middelburg jaarliks merietetoekennings toe aan toppresteerders.  Dit is 'n finansiële toekenning in die vorm van 'n persentasie afslag op skoolgeld. 

 

Bewyse van die betrokke prestasie moet asseblief so gou moontlik by die skoolfondskantoor ingehandig word.

·        Hoofseun- en dogter / Dux-leerling                            min 15%

·        Provinsiale kleure in skoolsport / kultuur                    A-SPAN = min 10%

B-SPAN = min 5%                

6.         Indien jou skooltas nog in ‘n goeie toestand is, gebruik dit gerus en merk dit duidelik.  Rugsakke word nie aanbeveel nie, maar indien dit gebruik word as ‘n skooltas, moet dit versterkings hê, ten einde die boeke te beskerm.

                         

7.       Onthou die verpligte Gr 8-kamp te Salpeterkrans die eerste naweek nadat

die skool begin het - [20 - 22 Januarie 2012]   Dit beloof om een groot fees te wees!!

 

            Die kamp is GRATIS!!.  Die gr. 8 leerders, leerlingraad en gr. 8 personeel woon die kamp by.

            Dit is ‘n gulde geleentheid om mekaar te leer ken en om gesonde verhoudings te bou. 

Sodoende kom ons gr 8's terug met gemoedsrus en entoesiasme om hulle hoërskoolloopbaan

aan te pak.

 

         Alle leerlinge moet die volgende saamneem: 

(Koshuisleerlinge bring dit saam indien jou ouers jou nie weer sien voor die kamp nie.)

 

         Slaapsak & kussing                              Vadoek                                     Beskuit

            Flits                                                     Gemaklike stapskoene              Bybel

            Reënjas/windbreker                            4 Stelle OU klere                    Toiletware

            Eie medikasie                                       Swemklere & Handdoek           Sakgeld vir Snoepie

 

         Vertrektyd:   Vrydag, 20 Januarie 2012 om 07h00 die oggend vanaf die skool met

                          busvervoer.  (Geen skooltasse nodig)

 

         Terug:         Sondag, 22 Januarie 2012 ongeveer 15h00 by die skool.

 

In geval van nood tydens die kamp,

skakel asseblief vir Chris Davel by (013) 273 7026 of 082 326 3912.     .../5

-5-

 

        

8.       GROENTJIEKONSERT:  DIE BESTE WAT JY KAN KRY!!!  

 

·        Maandag 06 Februarie 2012 om 18:30 - leerlinge

·        Dinsdag 07 Februarie 2012 om 18:30 - ouers

 

9.       BUSROETES:

 

Die MHS-bus volg daagliks die volgende roetes: Dennesig, Kanonkop, Mineralia, Groenkol en Aerorand. Buskaartjies by NAVRAE-kantoor elke eerste pouse beskikbaar. Skakel gerus die skool vir meer besonderhede en kostes daaraan verbonde.  Let gerus daarop dat daar ook ‘n busroete na Witbank beskikbaar is.

 

10.     NASORGSENTRUM:

 

Leerlinge wat naskoolse aktiwiteite het en ander Middieleerlinge is welkom om by die naskoolsentrum by ons koshuise aan te sluit. Hier kan jy verklee, middagete geniet en huiswerk doen tot jou ouers jou  kom afhaal.  Kostes is R30.00 per dag.

 

11.     OUERBRAAI:

 

Ons jaarlikse kuiersaam-ouerbraai vind plaas op Maandag, 23 Januarie 2012 om 18h00. Vuur, pap, sous en slaai sal voorsien word, bring net asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei saam.  Veral ons nuwe ouers word aangemoedig om die braai by te woon. Die personeel sal ook by die geleentheid aan die ouers voorgestel word.

 

Middiegroete

 

MNR. JOHAN STRONKHORST & PERSONEEL

HOËRSKOOL MIDDELBURG 

 
Sport - Shop