| MHS Skoollied |
|---|
|
|
| Hoof Indeks | ||||
|---|---|---|---|---|
|
| Informasie | ||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| Toelatingsvorms |
|---|
Skool toelating vormsKoshuis toelating vormsEpos : This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it |
| Gr 9 - 12 in 2012 Inligtingsbrief |
|
Aan die einde van nog ʼn besige skooljaar kyk ons met dankbaarheid terug en gee eer aan ons Hemelse Vader dat Hy sy hand van bewaring en seën oor ons skool uitgestrek gehou het gedurende 2011. Gedurende die vele hoogtepunte en die enkele laagtepunte van 2011 was ons vootdurend bewus van ons Almagtige Vader se nabyheid, sorg en liefde.
Groot dank aan almal by Middelburg Hoërskool, veral ons ouers, borge, leerlinge, personeel, die Departement van Onderwys en ook die Middelburg Observer vir elkeen se bydrae tot 2011 se suksesse. Vele hande maak ligte werk, soos die spreekwoord lui. U het almal deel aan die Middie ratte wat vas, seker en glad loop, sedert 1918.
Aan die Beheerliggaam van MHS, dankie vir volgehoue harde werk en dat u ons hande versterk het in die jaar wat verby is.
Ons maak ook van hierdie geleentheid gebruik om elkeen van u ʼn Geseënde Kerstyd toe te wens en mag u saam met Hom, hand aan hand, die ou jaar uitstap die Nuwe Jaar in.
As u gaan reis, reis veilig en rus heerlik uit saam met u gesin. Geniet die blaaskans en maak tyd om gesins- en familiebande te versterk.
Matrieks, ons hou met groot afwagting jul uitslae dop. Wees verantwoordelike jongmense gedurende die vakansie en ook die feestyd - ʼn mooi toekoms wink vir elkeen van julle.
Mag 2012 vir Middelburg Hoërskool nog groter suksesse inhou, met Jesus as Leidsman.
Ons sien daarna uit om op 18 Januarie 2012 elke ou, nuwe en voornemende Middie om 08:00 in ons skoolsaal te verwelkom. Middie-ouers is baie welkom om die eerste saalopening van 2012 saam met ons by te woon. So vat ons hande en stap die nuwejaar vas en seker tegemoet.
Rykste seënwense word u toegebid.
Johan Stronkhorst en Personeel Hoof MHS |
Afrikaans
Afrikaans