Ons Wapen
Ons wapen bestaan uit 'n fort of "burg" boek. Die simboliek hieraan verbonde is dat hier 'n veilige hawe geskep word waar kennis vergader kan word en waar die Christelike grondslag van ons volkwees beveilig kan word.
Ons Leuse
Ons leuse is FIDE ET OFFICIO (Geloof en Plig). Dit is ook die doelwit van elke opregte MIDDIE. Jy het 'n plig teenoor jouself om daardie gawe wat jy van jou Skepper ontvang het, te ontwikkel en te vervolmaak, om jouself voor te berei vir die lewe en sodoende ook die Goddelike opdrag om vir elke goeie werk volmaak toegerus te wees, uit te voer. Dit word dan in die eerste plek van jou verwag dat jy geloof in jou Skepper sal hê, en dat jy roepingsbewus sal wees en dat pligsgetrouheid altyd vir jou die heel belangrikste sal wees.
Erekode
As leerling van Hoërskool Middelburg streef ek na: My skool se eer, deur trou te wees aan sy tradisies, sy ideale, sy leuse en sy kleure. Pligsgetrouheid, selfs in kleiner sake. Eerbare gedrag in en buite die skool. Eerlikheid in al my verhoudings. Hoflikheid en erkentlikheid teenoor meerderes, gelykes en minderes. Blymoedige diensaanvaarding by alle geleenthede. Ware sportmangees teenoor maats en opponente by werk en ontspanning.
Skoollied
Middelburg my eie,
Die ruimte bly jou kroon
Denne ruis as sieraad
Maar lering bly jou loon.
Uitsig op dorpsrante, en Olifantsrivier
Rooi lokaal, Kanonkop, sit sterkte in die spier.
- KOOR -
O, Fide et Officio oog glinster as jy praat leef geel en groen en swart
A! Ons is 'n skool van daad.
Uit die skoolhoof se pen ...
Hoërskool Middelburg, geleë in die hartjie van die Hoëveld, Mpumalanga, spog met pragtige ou geboue en trotse tradisies. Op die gebied van akademie, sport en kultuur bied MHS 'n verskeidenheid wat aan elke leerling se individuele behoeftes voldoen. Ons behaal op elke terrein welslae en is 'n krag om mee rekening te hou!
Hoërskool Middelburg sal graag die gebalanseerde opvoeding wat leerlinge tuis ontvang, wil voortsit. MHS bied beproefde gedissiplineerde onderrig en opvoeding sodat elke kind as individu tot sy reg kan kom. Ons fokus op akademiese prestasie, maar ook op die ontwikkeling van emosionele intelligensie by ons leerlinge. Ons glo in uitnemendheid in onderrig.
In 2002 we had our first English grade 8 class and in 2006 these pupils matriculated here. We will gladly help your child to be a career-focused achiever who has a better understanding of where he or she is going and what it takes to get there.
Indien u enige navrae het, kontak ons gerus telefonies of maak 'n afspraak om jou kind se toekoms by MHS te bespreek.
Please contact us or make an appointmnet to discuss your child and his/her future. I am convinced that your child has a character-enhancing, promising future at Hoërskool Middelburg.
|