Inleiding

Hoërskool Middelburg is bevoorreg om hulle eie plaas te hê. Die plaas is ongeveer 5km van die Hoërskool af en is geleë op die Stofbergpad. Vir ons is dit baie belangrik dat die leerders so gou as moontlik ondervinding en kennis opbou op die plaas.

 

Teorie is 'n baie belangrike basis vir enige student om te gaan boer, maar sonder praktiese ondervinding sal mens nie vêr kom nie. Daarom word die leerlinge al van vroeg af na die plaas gebring om al die teorie toe te pas. Leerlinge word ook blootgestel aan die lewe daar buite as 'n boer, en is daar gereeld kampe en gaste wat ons kom besoek, sodat die leerlinge eerstehands van ervare boere daar buite kan leer. Daar word ook vir die kinders gereeld vakansiewerk gereël sodat hulle so vinnig as moontlik ondervinding en kennis kan opbou.
Beeste en skape

Fasiliteite op die plaas

  • Beesvoerkraal
  • 120 hektaar mielielande
  • Ongeveer 60 skape
  • Skaapvoerkraal
  • Kweekhuis
  • 'n Vleisbeeskudde
  • Vrugteboord


Teorie

Die leerlinge kan van graad 10 af landboubestuurwetenskap neem wat 'n kombinasie is van veekunde en akkerbou. Hulle het ook landboutegnologie wat die kennis oor die beplanning en onderhoud van landbouwerktuie, plaasstrukture en tegniese vaardighede vir hulle leer.

Die graad 12 se landboubestuurswetenskappe bestaan uit die volgende

  • Dier en plantproduksie - Plaas beplanning
  • Oes van produkte
  • Waarde toevoeging
  • Entrepeneurskap
Beeste onthoring

Proefnemings

Daar is op die oomblik 'n gedeelte van die plaas uitgesit waar Monsanto Roundup Ready Mielies geplant is. Die mielies is geneties gemanupileer sodat hulle nie vatbaar is vir Roundup onkruiddoders nie. Op hierdie manier is onkruidbeheer meer doeltreffend.

Opleidingskursusse

Vir Middelburg Hoërskool is dit baie belangrik dat alle leerders van vroeg af die regte inligting en kennis versamel, daarom is daar jaarliks werkswinkels vir die Mpumalanga Onderwysdepartement se vakadviseurs. Op die werkswinkel word die volgnede onderwerpe gewoonlik behandel:

  • Feeds and Feeding
  • Precision Farming
  • Sheep Practical Training
  • Plant Breeding and weed control
  • Soil Cultivation
  • Holstein Judging
  • Calf rearing and milk processing
Die volgende kursusse word ook deur die skool aangebied
  • Brandmerk
  • Jeugskou
  • Plantestand en plantpopulasie op mielies.
  • KI

Woord van dank

Ons wil graag die volgende maatskappye bedank vir al hulle ondersteuning en harde werk op die plaas. Alzu Voere, Monsanto, Kanhym Landgoed, Beestepan Boerdery, AFGRI, TWK en al die ouers en veral die plaaskomitee.

 
Facebook
facebook.png
Middelburg Sevens
Sę Jou Sę
My Gunsteling Sportsoort is:
 
Kalender
« < September 2010 > »
M T W T F S S
30 31 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 1 2 3