|
Middelburg Hoërskool is gesetel in die hartland van Mpumalanga . Die skool beskik oor uitstekende fasiliteite waarvan die koshuise seker die belangrikste is.
 Excelda Seunskoshuis is die hartklop van die skool. Hoekom so? As dit goed gaan in die koshuis, dan gaan dit goed in die skool. 'n Gesonde verhouding tussen inwoners, goeie dissipline en netheid op sy persoon en leefarea, is ons eerste prioriteit.
Die koshuis beskik oor die volgende geriewe :
- Slaapkamers wat ingerig is vir een tot vier persone per kamer.
- Skoon, ruim en netjiese badkamergeriewe.
- 'n Eetsaal wat toegerus is met uitstekende kombuisgeriewe waar smaaklike voedsel aan die inwoners voortgesit word.
- 'n Goeie ontspanningslokaal verleen die nodige geriewe waar inwoners heerlik kan ontspan na 'n dag se swoeg agter die boeke en op die sportvelde.
- Verder beskik die koshuis ook oor 'n goed ingerigte en ruim studiesaal waar akademie hoog voorrang geniet.
Plaas 'n mens die koshuis in konteks met die skool, kan daar tot net een gevolgtrekking gekom word :
- Koshuistrots is duidelik te bespeur in die skool opset, betreffende netheid, hoflikheid en dissipline.
- Koshuislede behaal elke jaar baie goeie akademiese prestasies en uitslae.
- Op die sportgebied is dit juis ook die koshuislede wat die toon aangee. Jaarliks word sportprestasies van hoogstaande gehalte behaal. In die koshuis word leerders voorberei om ware ambassadeurs in die wêreld te wees.
Ons koshuise spog met pragtige tuine danksy ouers se onbaatsugtige hulp en ondersteuning.
|