middies sport

Skiet

Middies Skiet Logo Groen

Op Middies se eie binneshuise skietbaan klap die skote tydens oefeninge. Skuts wat in die skoolspan opgeneem word, verteenwoordig die skool tydens gereelde kompetisies regoor Mpumalanga.

Bobaas skuts by Middies

MHS netbal en skiet 019 Medium

Henri Westerman, Stehard Botes, Annabel Swart (kaptein gewere), Lerika Oosthuizen (kaptein pistole), Keenan Taljaard, Dwaine Erasmus en mnr. Jonathan Jones (afrigter).

Deur Keenan Taljaard

Vir die afgelope paar jaar het MHS se skiet uitstekend gevaar. Net soos verlede jaar het sewe skuts hierdie jaar hulle Mpumalangakleure verwerf. Dwaine Erasmus, Henri Westerman, Keenan Taljaard, Annabel Swart, Stehard Botes en Rudi Botha het die geweer afdeling gehaal. Lerika Oosthuizen het in die pistool afdeling plek gekry.
Lerika was ook uitgenooi om na Engeland te gaan en daar vir Suid-Afrika te verteenwoordig. Sy het goed gevaar en ‘n 463 uit 600 geskiet. Die toer was vanaf 31 Julie tot 14 Augustus.
Op 27 en 28 Julie het al MHS se skuts die streekfinaal bygewoon en daar briljante prestasies behaal. Die 0/21’s het 4de plek behaal en die 0/16-span het 3de plek verower sowel as 5de plek in totaal ongeag die ouderdomsgroep. Wat individuele prestasies betref, het Dwaine Erasmus 2de plek by die 0/14’s en Keenan Taljaard 3de plek by die 0/16’s behaal. MHS lê tans algeheel 3de in die streek.