middies sport

Sewesrugby

Middies Sewes Logo Groen

Seuns met spoed en rugby-vaardighede kry die geleentheid om aan hierdie gewilde sport deel te neem. Middies 7's weet definitief wat MIDDIE-GUTS is!

Tussen die pale deur

Deur Keenan Taljaard

Soos gewoonlik vaar Middies goed in die Sewestoernooie. In die vyf toernooie waaraan ons deelgeneem het, het die 0/15-span een gewen en twee 2de plekke behaal. Hulle is dan ook Mpumalanganaaswenners. Die 0/17-span het een Plaatfinaal gewen en is Mpumalangawenners. Beide dié spanne kwalifiseer vir Noordvaal.
Vyf Middies is ingesluit in die Puma Sewesspan: Kyle Hambidge, Smiley Mosia, Okke van der Kolf, Unathi Poyo en Coenrad Visser.

Argief

Hoogtepunte van 2015

Merensky Sewes: MHS 1stes is PLAATWENNERS en die o/15's is NAASWENNERS. Baie geluk manne!

Cup winners Medium

So lyk die BEKERWENNERS van BARBERTON SEWESTOERNOOI!

MHS se rugbysewesspan het vandag aan 'n sewestoernooi in Barberton deelgeneem.
MIDDIES SEWES is duidelik in 'n ander klas.
MHS wen hulle eerste wedstryd teen Lydenburg 36-0
Wen Sabie 59-0
Wen Barberton2 52-0
Wen in die finaal 47-5 teen Barberton om as bekerwenners van die toernooi aangewys te word.
Middies se wenspan is: Michel Matenga, Fana Ngwenya, Shane Botha, Dewald Coetzee, Cornel Els, Marcel Dique, Nefdt du Toit, Telvin Mhlongo, Ryan Phiri, Manga Mtimba, Wandile Shabangu, Henrico Storm en Siyabonga Khalishwayo, wat ook as die SPELER VAN DIE TOERNOOI aangewys word.

Cambridge SEVENS
MIDDIES oorheers Cambridge Sevens: In die eerste sewes rugbytoernooi van 2015 speel MHS se eerste en tweede rugbyspanne in die finaal teen mekaar! Albei was onoorwonne in die Cambridge 7's Toernooi en moes in die finaal uitspeel, die 1ste span wen 33-0.

Middies 7's speel in die finaal by H/s Voortrekker

Middies 7's speel in die finaal by H/s Vortrekker se Sewes Toernooi teen Bethlehem.

Middies wen 29 - 12 en is Bekerkampioene!

Middies se tellings tydens die toernooi is as volg:

MHS wen Wilgerivier 19 - 14
MHS wen Witteberg 22 - 12
Verloor teen Voortrekker 24 - 12
Wen Ben Vorster in semi-finaal 19 - 12
Wen Voortrekker in finaal 28-10

Ons sien uit na 'n opwindende 2014 Sewes Rugbyseisoen.