middies sport

Gholf

Middies Gholf Logo Groen

MHS beskik oor seuns- sowel as meisiesgholfspanne. Hulle neem deel aan NWU PUK Super 16, Mpumalanga Skole-Liga, Mpumalanga Foundations, verskeie gholfdae en uitnodigingstoernooie. Ons onderneem ook gholftoere om meer geleenthede te bied vir belangstellende en talentvolle gholfspelers.

Middie-gholf bereik rekordhoogtes

IMG 20180801 WA0068 Medium

Zane Nel en Evert Buurman behaal volle provinsiale kleure vir gholf. Daniel Gerrits is afwesig op die foto. Mnr. Gerrit Buurman is die afrigter.

Deur Evert Buurman

Gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie het MHS ‘n toer onderneem na Sun City waar die spelers op Lost City en Sun City se bane gespeel het. Wat ‘n belewenis!
Middies se gholf het hierdie jaar nuwe hoogtes bereik toe die eerste, tweede én derde spanne die kringliga gewen het. Middies kwalifiseer ook vir die SAGA SA-skoletoernooi wat die 2de en 3de Augustus op Devonvale Landgoed in Stellenbosch plaasgevind het. Slegs die top twee skole van elke provinsie het gekwalifiseer vir hierdie prestige toernooi.
Daar kan verder gespog word met twee Middies wat vir die Mpumalanga Skole IPT-span gekies is. Zane Nel en Evert Buurman het die 1ste en 2de Oktober 2018 te Middelburg aan hierdie toernooi deelgeneem. Evert het ook gekwalifiseer vir 0/19 Mpumalanga IPT-span wat Desember aan die Nomads SA’s by Benoni Buiteklub sal plaasvind en behaal so Erekleure.
Ook met die Super 16 het MHS se gholfspelers presteer toe die seniorspan derde geëindig het.
Die volgende gholfspelers het Mpumalang Junior Gholf verteenwoordig in Provinsiale toernooie: Alex Pretorius, CJ Enslin, Evert Buurman, Zane Nel en Daniel Gerrits. CJ Enslin behaal half-provinsiale kleure en Evert Buurman, Zane Nel en Daniel Gerrits behaal volle provinsiale kleure.
Middies is voorwaar baie trots op die prestasies van die gholfers van 2018.