middies sport

Netbal

Middies Netbal Logo Groen

MIDDIES neem deel aan die PUK Super 16 Reeks, daarna speel ons in die Mpumalanga Makroskole-liga gevolg deur die Beeldtrofee. Middies se netbalspelers word afgerig deur energieke, talentvolle afrigters waarvan meeste self reeds hul merk gemaak het op die netbalbaan.

0/15 A Fast 5-netbalspan is Mussa-wenners

Netbal Medium
Die 0/15 Fast 5-netbalspan is Mussawenners. Mej. Simoné Erasmus (afrigter), Jhoa Combrink, Chané Grey, Miné Nelson, Hazel Mseteka, Jamie-Lee Oliphant, Olga van Niekerk, Lucia Sibanyoni, Naledi Thwala, Hannah Lombard, Nedy Potgieter en mev. Mandy van der Westhuizen (afrigter).

Deur Ansuné Cilliers en Jhoa Combrink

2017 se netbalspanne het gewys dat hulle deursettingsvermoë en groen bloed in hulle are het. In die Pukke Super 16-reeks het ons harde bene gekou. Die 0/15A’s eindig vierde en die tweedespan spog met ‘n tweede plek. Tydens die Mussa-uitspele eindig die 0/14A-, 0/14B- en 0/15A-spanne vierde. Die volgende Middies is ingesluit in die onderskeie Mpumalangaspanne: Naledi Thwala en Xolile Masina is ingesluit in die 0/14 A1-span. Jamie-Lee Oliphant is gekies vir die 0/15 A1-span. Lindi Diniso speel vir die 0/16 A1-span.  Lesego Atholi, Thandazo Skosana en Lebogang Kekana is ingesluit in die 0/18 A1-span.
Die netbalseisoen eindig op ‘n hoogtepunt met die 0/15A Fast 5-span wat Mussa-wenners is. Hulle gaan later in die jaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem.

Argief

Baie hoogtepunte vir netbal in 2016

 DSC4706 edit Medium
Voor: Elzeth Steenkamp, me. Heleen Smit (afrigter), Nanet van der Linde (kaptein), me. Liezel Jansen van Nieuwenhuizen (spanbestuurder), Ashleigh Wilson. Agter: Suné Kruger, Sné Mdletshe, Lebo Kekana, Pauli Verwey, Louise Hertzog, Thando Khumalo, Tylah Viljoen.

MHS blyspel en Rissiepit 209By MHS is netbal nie net ‘n spansport vir die wintertyd nie, maar sorg vir opwinding en hoogtepunte dwarsdeur die jaar. Die leisels word deur mev. Hannelize Adendorff gehou en spanne en hulle afrigters vorm ‘n hegte band.

Die 0/14-dogters word deur die baie kundige me. Mandy van der Westhuizen afgerig en is naaswenners in die liga. Die provinsiale proewe is ook agter die rug en nie minder nie as twee van hierdie span se dogters is vir die Mpumalangaspan gekies (Nedy Potgieter en Jamie-Lee Oliphant). Hierdie dogters was vir ‘n netbalkliniek na Afrikaans Meisies Hoër in Pretoria gedurende die Aprilvakansie. Tydens hierdie vier dae het hierdie jong Middies teen skole van regoor die land kragte gemeet en het hulle uitstekend gevaar.

Beide die 0/15- en 0/16-dogterspanne word deur juf. Lezaan Rossouw afgerig. In die liga dring beide die spanne deur na die Mussa (Provinsiale) uitspele. Die 0/16’s eindig algeheel derde. Die 0/15’s sal in Augustus uitspeel. Hierdie spanne het ook deelgeneem aan die netbalkliniek in Pretoria waar hulle baie kosbare ondervinding opgedoen het. Uit hierdie twee spanne is Lesego Atoli tot die 0/16A-Mpumalangaspan verkies en Telane Ludeke tot die 0/15A-span.

Mev. Adré Stronkhorst is die afrigter van die 0/17-dogters en deel haar kundigheid en ervaring op ‘n baie spesiale wyse met die spelers.

Ons eerstespan word hierdie jaar deur mev. Heleen Smit afgerig en vaar uitmuntend! Hulle verwerf ‘n brons medalje in die PUK Super 16-reeks. Vier dogters word in die Provinsiale span opgeneem: Lebogang Kekana, Thando Khumalo, Sne Mdletshe en Suné Kruger. Ons is trots op Thando wat ook vir SA- span gekies is!

Die B-spanne, of Hommels soos hulle bekend is, neem aktief deel in die liga en die spanne vaar baie goed. 0/18B (Tweedes) word deur mev. Elsie Bardner afgerig. Hulle is Mpumalangawenners en wen goue medaljes by die uitspeelwedstryde vir B-spanne. Cherize Grobler uit hierdie span word ook in die Provinsiale span opgeneem.

Hoogtepunte van 2015

16A Medium 2


17A Medium

Netbal vat vlam

Deur Kirsten Jansen van Vuuren

Middies se kranige netbalspelers het hierdie jaar ‘n groot groep van nie minder nie as tien Mpumalangaspelers opgelewer. Gelukwense aan Pamela Gazu (0/14), Moné Erasmus (0/15A1), Lesego Atoli (0/15B1), Suné Kruger (0/16A1), Lebogang Kekana (0/16A1), Sine Mdletshe (0/16A1), Thando Khumalo (0/17A2), Mornique du Plessis (0/17B1), Cherize Grobler (0/17B1) en Nomsa Nkosi (0/18A2) wat hierdie besondere prestasie behaal het.

Middies se netbalspanne het ‘n algehele vyfde posisie behaal in die Super 16-reeks met die 0/14A (3de plek) en 0/15A- en 0/16B-spanne (4de plek) wat die beste gevaar het. Die eerstespan het met 23-28 verloor teen HTS Witbank in die finaal om uiteindelik 8ste te eindig in die reeks.

Die MHS-HTS Derby op 16 Mei het weereens klipharde, hoendervleis-netbal opgelewer. Die 0/15A2, 0/15B, 0/16A en 0/16B-spanne het die Middie-ondersteuners se harte warm laat klop deur hulle onderskeie wedstryde met pragvertonings te wen.

Middies se eerste-netbalspan speel nie net kookwater-netbal hierdie jaar nie, hulle lyk ook pragtig in hulle nuwe spandrag.

 netbal

Nomsa Nkosi, Nanet van der Linde (onderkaptein), Mbali Magagula, Mashé van der Westhuizen (kaptein), Elzeth Steenkamp, Ashleigh Wilson, Tylah Viljoen, Thando Khumalo, Chanelle Verwey en Jomari Stronkhorst.

Ontmoet die spanlede

FIRST NETBALL TEAM PLAYER PROFILES
NAME HEIGHT FAVOURITE QUOTE FAVOURITE MOVIE
Mashé van der Westhuizen 1.69m Only Middies know the feeling. Teenage Mutant Ninja Turtles
Tylah Viljoen 1.63m It so doesn’t matter who likes us – we like us. Frozen
Elzeth Steenkamp 1.76m All my life I thought air was free… until I bought a bag of chips.  The Notebook
Mbali Magagula 1.70m Fear is stupid, so are regrets. Hot chicks
Chanelle Verwey 1.74m Never correct a fool for he will hate you. Correct a wise man for he will appreciate you. The blind side
Jomari Stronkhorst 1.69m Live a life you will remember. The other woman
Ashleigh Wilson 1.74m I can do all things through Christ who strengthens me. The Great Gatsby
Nomsa Nkosi 1.68m Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds you plant. The diary of the mad black woman
Thando Khumalo­ 1.70m In life people will make you mad, disrespect you and treat you bad. Let God deal with the things they do, because hate in your heart will consume you too.  (Will Smith) Lion King II
Nanet van der Linde 1.74m When fear knocks, let faith answer the door. Avengers

Ten slotte gaan Die Rissiepit die sluier so ‘n bietjie lig rakende die “mystery of the green room”...

Ever wondered what the Green Room is all about? If, like me, you thought that it is just an ordinary room where the First Netball Team conducts team talks and team building exercises, then think again! An anonymous source within the team describes the Green Room as follows: “I can’t give too many details, but all I can say is that it is not a room that is green. At its most basic, it is a place which invites the contemplation of divine mystery and encourages an attitude of spiritual openness. The Green Room is not necessarily where answers are grasped or understood. Rather it is where questions are asked, conversations occur, dances are performed, songs are sung, and silence is heard – all in an attempt to find answers.”

“The notion of the Green Room is complex, encompassing a range of aspects: architecture, geography, core beliefs, community stories, and not least of all, the receptivity of one’s soul. When these elements come together the result can range from breathtaking to overpowering. This is how we as the First Netball Team feel about our favourite sacred space, The Green Room.” Unfortunately The Green Room will remain an enigma to the rest of us as only First Netball Team Members and their support staff may enter this “sacred space”.