middies sport

Dogtershokkie

Middies Dogtershokkie Logo Groen

MIDDIES neem deel aan die PUK Super 16 Reeks, daarna speel ons in die Mpumalanga Makroskole-liga gevolg deur die Noordvaal uitspeelwedstryde. Middies-hokkie is 'n krag om mee rekening te hou, soos wat die vele Noordvaal finale getuig.

Middelburg Hoërskool het ‘n passie vir hokkie

A5 Medium

Dogtershokkie eerstespan: Voor: Nikita Victor, Megan Hattingh, Zannenlee Venter, Rihani Lombard, Marlie Kotze, Marlize Aucamp en Lara Straus. Agter: Mej. Rachel McDonald, Callan Niemand, Lara de Villiers, Somey Uys, Elzane Pretorius, Bianca Dreyer, Lienke van Dyk, Lebo Ramaijane en mev. Annemarie Wilke.

Deur Hestie Botha

Die dogtershokkie slaan reeds in Februarie op ‘n goeie noot af met vriendskaplike wedstryde teen Ermelo waar, op een na, al die spanne wen.
Daarna volg die PUK-reeks waar die dogters algeheel tweede eindig. Hoogtepunte hier is die 015A- en eerstespan wat die eerste plekke deel, en geen doel word teen hierdie twee spanne aangeteken behalwe in die finaal nie. Die 0/16B-span eindig eerste in die reeks.
In die liga seëvier 0/15A, 0/16A, 0/16B en die eerstespan as wenners. Die 0/15A’s staan weereens geen doel teen hulle af nie.
Hierdie dogters wen altesaam 13 uit die 16 wedstryde tydens die Mpumalanga-uitspele wat op 17 en 18 Junie gespeel is. Die eerstes en 0/15A’s wen al vier hulle wedstryde, en die 0/15A’s skitter met 25 doele vir, en geen doele teen hulle aangeteken nie. Selfs doelwagter Michaela Klopper verlaat haar gemaksone vir ‘n rukkie om ‘n doel teen Standerton te skiet!
Met die Mpumalanga-finaal op 24 Junie tree die eerstespan as Mpumalanga-naaswenners uit die stryd, maar 0/15A en 0/16A verloor naelskraap in naelbytwedstryde. Al vier hierdie spanne - 0/14A, 0/15A, 0/16A en die eerstespan - dring egter deur na die Noordvaal-toernooi wat op 6-9 Augustus plaasvind.
Hoewel die spanne nie plek gekry het by Noordvaal nie, spog MHS met ‘n groot aantal provinsiale spelers.
Mpumalangaspanne: 0/14B: Genevieve Hambidge, Shane Leonard, Soula Stamatiou. 0/16B: Chrizaan Wentzel, Deonné de Beer, Melanie Kruger. 0/16A: Trinity du Preez, Chané Grey, Miné Nelson, Michaela Klopper (ook gekies vir die S.A. HP-squad). 0/18C: Mari Kuhn, Precious Masilela, Lara Strauss. 0/18B: Zannenlee Venter, Lara de Villiers, Nikita Victor. 0/18A: Lebo Ramaijane, Callan Niemand, Rihani Lombard, Elzane Pretorius.  Ons eie 0/15-afrigter, me. Christelle Conradie, was ook die afrigter van die 0/16A-Mpumalangaspan.
Lesedi Sambo en Marietjie Vollmer is opgeneem in die Hoëveldspan en Chané Grey, Gia Henning, Trinity du Preez en Zannenlee Venter speel ook vir die 0/21-Mpumalangaspan.
Aan al die hokkiespelers, afrigters en ondersteunende ouers: behou altyd jul passie!

Argief

MHS = Middelburg Hokkie Skool

Middelburg Hoërskool is alombekend as een van die beste hokkieskole en as daar gekyk word na die hokkieprestasies oor die afgelope jare, is dié stelling beslis geregverdig.

Oor die jare is talle trofeë verower en Mpumalangaspelers- en afrigters is opgelewer. 2016 is geen uitsondering nie. Die seisoen het afgeskop met goeie voorbereiding deur die deelname aan die Puk-reeks, waar Middies weer eens as die algehele wenner vir hokkie uit die stryd getree het. Die 0/14A- en 0/16A-dogters het ‘n goue medalje verwerf en die 0/15A- en 0/16B-span het weggestap met silwer.

Middies spog met niks minder as 30 Mpumalangaspelers en 2 Mpumalanga-afrigters nie! Die groot aantal provinsiale spelers is ‘n bewys dat MHS se hokkie-afrigters passievol en uiters knap is. Die volgende dogters is ingesluit in Mpumalangaspanne: 0/18A: Callan Niemand, Naomie Martin, Rihani Lombard. 0/18B: Nikita Victor, Elzane Pretorius, Lebo Ramaijane. 0/18C: Bianca Dreyer. 0/16A: Lara de Villiers, Lara Strauss, Zannenlee Venter, Vanessa Gordon. 0/16B: Marlize Aucamp, Mari Kuhn, Skye Erasmus, Lesedi Sambo. 0/16C: Chrizaan Wentzel, Zolile Nyambi. 0/14A: Chané Grey, Trinity du Preez. 0/14B: Tamicke Clark, Eugenie Botha, Gia Henning. Juf. Alti Nel rig die 0/16A-Mpumalangaspan af. Juf. Christelle Conradie rig die 0/16B-Mpumalangaspan af en gaan ook in Bloemfontein die 0/18A Inter Provinsiale Toernooi (IPT) skeidsreg.

Met die ligaseisoen wat nog steeds aan die gang is, spog MHS reeds met 5 spanne wat ligawenners is. Met die kwartfinale dring al vier A-spanne deur na die semi-finaal. Die Hommels gaan ook aansluit by die uitspele op 23 Julie. (Met die ter perse gaan van die Rissiepit, was die spanne nog besig met Mpumalanga- en Noordvaal uitspele.)

Hokkie is beslis in Middies se DNA en Middelburg Hoërskool is dié hokkieskool in Mpumalanga.

Dogtershokkie spanfoto Medium
Voor: Nikita Victor, Elzane Pretorius, Lebo Ramaijane, Louise Volschenk (kaptein), Corné Engelbrecht, Lienke van Dyk. Agter: Me. Rachel McDonald (afrigter), Rihani Lombard, Kyila Naudé, Bianca Dreyer, Somey Uys, Callan Niemand, Cheron de Waal, Hestie Botha, Jannali du Plessis, Naomi Martin.

Hoogtepunte van 2015

Noordvaal silwer medaljewenners Medium

14A dogtershokkie Medium

15A dogtershokkie Medium

16A dogtershokkie Medium

Middieshokkie het almal aan die gons

Deur Louise Volschenk

As jy gedink het hokkie is net ‘n sport waar mense met stokke agter ‘n bal op ‘n veld aanhardloop, slaan jy die bal mis, want hier by Middies doen ons dit op ‘n ASTRO! Ja, dis amptelik. Middies word vanjaar die eerste skool in Middelburg om ‘n oefenastro te kry.

Middies se hokkie het die afgelope paar jaar ASTROnomiese prestasies opgelewer en dit is dus te verstane dat daar ‘n behoefte aan so ‘n oefenastro is. Met hierdie nuwe fasiliteit op die skoolterrein, kan Middieshokkie in 2016 net nuwe hoogtes bereik.

Dié jaar is afgeskop met die PUK Super 16-reeks waar al Middies se dogters A- en B-spanne ‘n plek onder die top 3 behaal het. Dit het Middies-dogtershokkie ‘n tweede plek in die Super-16 besorg.

dogtershokkieVoor: Jade Victor, Suné Swanepoel, Jané van der Wal en Simoné van der Merwe. Agter: Bertha Twerefoo, Louise Volschenk (onderkaptein), Cheron de Waal, Anke van Wyk (kaptein), Corné Engelbrecht, Uyanda Mazibuko, Daniëll van Niekerk, Naomi Martin en Meisie Mangale.
Met ‘n goeie Super-16 agter die rug, het al die A-spanne na Bloemfontein getoer waar hulle die Elsie Coetzer hokkiekliniek- en toernooi bygewoon het by C en N Sekondêre Meisieskool Oranje. Tydens hierdie toernooi word Hestie Botha (0/16A) en Megan Hattingh (0/15A) aangewys as twee van die beste spelers tydens die toernooi.

Die eerstespan het na Pietermaritzburg getoer waar hulle ‘n hokkieweek by Kearsney College bygewoon het. Tydens hierdie toer is daar baie nuwe spelpatrone en vaardighede aangeleer en dit was goeie voorbereiding vir die liga wat gedurende die tweede kwartaal begin het.

Baie geluk aan die volgende spelers wat verkies is tot die Mpumalangaspan:
14A: Marietjie Vollmer, Cailynn den Bakker, Schyla Erasmus en Lesedi Sambo
14B: Melanie Kruger.
16A: Lebo Ramanjane, Lara de Villiers, Rihani Lombard, Callan Niemand, Elzane Pretorius.
16B: Zannenlee Venter, Vanessa Gordon, Lara Strauss, Bianca Dreyer.
18A: Uyanda Mazibuko.
18B: Naomi Martin en Sheron de Waal.
18C: Louise Volschenk.

Hier by Middelburg Hoërskool het ons ‘n besondere passie vir hokkie. Dit is dus gepas om te sê: “You only live once, but if you play Middies hockey, once is enough.”