middies sport

Krieket

Middies Krieket Logo Groen

MIDDIE-cricketers on top of their game

Deur Willem Kurpershoek

MHS se eerste XI en O/15A-span was gelukkig genoeg om te gaan toer as voorbereiding vir die seisoen.  En het Middies se krieketspelers nie uitgeblink in die jaarlikse Hoërskool Merensky Krieketweek nie.  
Die Eerste XI het wedstryde teen gedugte teenstanders soos Stanford Lake College, Pretoria-Noord Hoërskool, Hoërskool Waterkloof en Heidelberg Hoër Volkskool gespeel.  Hulle het die week as die enigste onoorwonne span afgesluit na oorwinnings van 315 lopies, 219 lopies, 6 paaltjies en 242 lopies.  
Die O/15A-span het wedstryde teen Pretoria-Noord Hoërskool, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Dr. EG Jansen en Heidelberg Hoër Volkskool gespeel.  Hulle het gemengde welslae behaal, maar tog waardevolle lesse geleer.  
Middies also shined at the prize giving ceremony after the conclusion of the week’s cricket.  David Blenkinsop was named the Best Player of the Tournament after stunning performances with bat and ball, scoring a century and claiming 10 wickets in the process.  Aiden Vandenbrouck was awarded the Best Bowler of the Tournament after picking up two 5-wicket hauls.  Andrew Martin was named Batsman of the Tournament after contributing the whole week with the bat, topped by a great knock of 177.  The Merensky Week “Dream Team” was announced and Middies’ cricketers were rewarded for their great performances as Aiden, Andrew and David all made the team and our First XI coach, Shaun Neethling was announced as the coach of the team.  Willem Kurpershoek also played himself into the U/15A “Dream Team” with stellar performances with both bat (51) and ball (5-20).  
The League started on 9 August. Both the First XI and U/15A-team recorded shock losses against our bitter rivals, HTS Middelburg.  
But since that shock defeat, our First XI has responded splendidly as they went undefeated through the next two matches against HTS Witbank and HGH. On the back of those results they progressed to the next stage of the league, and played their first game versus Penryn College. And we absolutely hammered them in their own backyard after recording a score of 290 and bowling them out for just 62.  
Die O/15A-span behaal naelskraapse oorwinning van 1 paaltjie teen HTS Witbank.  Die volgende twee wedstryde was net so spannend en ons span het ongelukkig met 15 en 12 lopies as verloorders uit die stryd getree onderskeidelik teen Hoërskool Generaal Hertzog en Hoërskool Ligbron.  
Both teams each have a few games left before the curtains closes on an amazing cricket season and we can be assured of each cricketer’s full effort and commitment in their bid to become Mpumalanga Champions!

Argief

Middie-krieket bereik nuwe hoogtes

The famous cricketer, Sachin Tendulkar, once said: “When people throw stones at you, turn them into milestones!”

En dit is presies wat Middies se twee krieketspanne gedoen het. Met briljante kolfbeurte, knap vangskote en goeie boulwerk het die Middies vir skouspelagtige krieket gesorg hierdie jaar.

Die eerstespan, wat uit Elnu Potgieter (kaptein), Aiden Vandenbrouck, David Blenkinsop, Andrew Martin, Donovan McDonald, Gysbert Ehlers, Denton Cant, Justin Nienaber, Duan Tupper, Arno Kruger, Sanele Mgezana en Coenraad Visser bestaan, het gedurende die seisoen aan twee toernooie deelgeneem: die Finsbury Cricket League en die Coca-Cola Schools T20 Challenge.

Met mnr. Enrique Basson as afrigter en mnr. Shaun Neethling as hulpafrigter was hulle baie suksesvol in die Coca-Cola Schools T20 Challenge. In die Mpumalanga finaal het hulle teen Nelspruit Hoërskool, verlede jaar se wenners, te staan gekom. En in ’n naelbytstryd het Middies as wenners uit die stryd getree. Maar dit was nie al nie. Ons eerstespan het toe teen Benoni High in die Titans halfeindstryd gespeel en hulle oortuigend geklop. Andrew Martin se 32, Elnu Potgieter se 24 en Aiden Vandenbrouck se 29 het vir Benoni se boulers groot kopseer besorg. Daarna het Aiden ook 2 paaltjies vir 11 lopies in 4 boulbeurte gevat om die wen te verseker.

Die eerstespan het toe teen Affies in die Titans finaal gespeel en ongelukkig met 6 paaltjies verloor. Tog het die span by Mpumalanga Titans se prysuitdeling met die trofee vir Mpumalanga se T20 kampioene weggestap. En watter voorreg was dit nie om die trofee van oud-Protea snelbouler Corrie van Zyl te ontvang nie!

In die Finsbury Cricket League het ons eerstespan gemengde welslae behaal. Hulle het teen Vereeniging Gimnasium en Hoërskool Noordheuwel vasgeval, maar as wenners uit die stryd getree teen Hoërskool Lichtenburg. ’n Seisoen met gemengde welslae het daar geëindig.

The Under 15 team which existed of Kyle Christie (captain), Gerhard Nel, SJ Liebenberg, Kevin Santos, Donovan Peetz, Thabang Mogadima, Nathan du Toit, Willem Kurpershoek, Dirkse Steenkamp, Jason Mouton, Revin John, Ansley Coetzee and Timothee Stuurman, also took part in the Finsbury Cricket League and they did a good job.

They played their first game against Vereeniging Gimnasium and they won the game with a massive 127 run margin. Unfortunately they could not do it again the next Saturday versus Lichtenburg High School. Kyle Christie’s brilliant bowling effort in which he claimed 5 scalps for 50 runs was in vain as Lichtenburg’s batting order managed a mammoth 267 in their allotted 50 overs - to which MHS could only reply with 204 in their 50 overs.

The weekend thereafter they played against Noordheuwel High School. Again they could unfortunately not manage a win. But in the next match they corrected all their mistakes from the previous 2 matches. They bowled Benoni High all out for only 73 runs with Nathan du Toit and Willem Kurpershoek both managing 2 wickets. They chased the total down easily - mostly thanks to Thabang Mogadima’s 38. And that was the end of the cricket season in the first term.

A good season for MIDDIES cricket has gone by. And we hope our teams will continue to deliver brilliant cricket in the 3rd term. Both teams played with Middieguts and a lot of Middie-sportsmanship! The cricketers truly gave it their all! They turned the stones into milestones and proved they are truly MIDDIES!

Krieket spanfoto Medium
Voor: Arno Kruger, Justin Nienaber, Shaun Neethling (hulpafrigter), Elnu Potgieter (kaptein), Enrique Basson (afrigter), Darius Millard, Aiden Vandenbrouck. Agter: Sanele Ngezana, Donovan McDonald, Alec Jordaan, Andrew Martin, Denton Cant, David Blenkinsop

Geen “duck” in die eerstekrieketspan se woordeskat nie

Deur Robert du Toit

DSC 0334

Voor: Joshua Wasserfall, Frederick Greyling, Darius Millard (onderkaptein), Elnu Potgieter en David Blenkinsop. Agter: Mnr. Gerhard Coetzer, Marnus Aucamp, Justin Nienaber, Denton Cant, Alec Jordaan, Marius Verwey (kaptein), Donnovan McDonald, Andrew Martin, Mario Leemans, Aiden Vandenbrouck en mnr. Coert Greenbaum.
2015 het vir Middies se eerstekrieketspan op ‘n hoogtepunt afgeskop. Met twee puik afrigters, mnre. Coetzer en Gruenbaum, was dit vir geen span maklik om hierdie manne as teenstanders te hê nie!

Die T20-span bestaan uit die blitsige boulers: David Blenkinsop, Andrew Martin, Alec Jordaan, Donovan McDonald en Elnu Potgieter. Die wakker veldwerkers, Sanele Ngezane, Mario Leemans, Darius Millard en Justin Nienaber, was gereed vir elke bal. Die ysterhand kolwers Aiden Vandenbrouck, Denton Cant, Darius Millard, Fredrick Greyling en Josua Wasserfall het elke keer gesorg dat die lopies aangeteken word. Die twee manne wat hierdie jaar as kapteine voorloop, is Marnus Aucamp en Marius Verwey.

Vroeg in Januarie, toe die ander skole se spelers nog gewonder het wie die span gaan haal, het ons manne al ‘n oefenkliniek bygewoon. Die ervare afrigter Johan Rudolph het die ouens behoorlik voorberei vir die seisoen.

Op 18 Februarie is die Verwey-Krieketklubhuis met trots geopen. Na al die toesprake is daar lekker gebraai en tot laat gekuier.

In al agt wedstryde die afgelope seisoen het die span uitstekend gevaar teen skole soos Nelspruit, Noordheuwel en Montana. Selfs die Rooies van HTS kon nie staande bly nie en het ons hulle met 54 lopies gewen! Die span vertrek vanaf 28 Junie tot 3 Julie na die Merensky Cricket Festival – ons sien uit daarna om van julle oorwinnings te hoor. Sterkte manne!