middies sport

Atletiek

Middies Atletiek Logo GroenDie atletiekseisoen strek van Oktober tot Maart. Atlete kry jaarliks die geleentheid om hul talent ten toon te stel tydens byeenkomste teen topskole. Atletiektoere vroeg in Desember verseker rekordbrekers in seisoen!

Atlete steeds op die wenpad in 2018

Deur Chané Grey

DSC 0020 Medium

Genevieve Hambidge en Dillan Greeff het aan die SA-kampioenskappe vir atletiek deelgeneem. Hier is hulle saam met mnr. Stronkhorst en mev. Gerda Claassens wat hulle sterkte toewens.

Middies se eeufeesviering het vroeg in die jaar afgeskop met ‘n indrukwekkende Hoëveld Interhoër Atletiekbyeenkoms met Middelburg Hoërskool as gasheerskool. Die dag is gekenmerk deur uitstekende gees en prestasies van hoë gehalte. Middies se eie mini-muis, Philasande Ntshapla (0/14), het vier eerste plekke behaal. Boonop het hy nuwe rekords in die 100m (11,23 sek.) en 200m (23.68 sek.) opgestel. Genevieve Hambidge ontvang ook ‘n toekenning vir die beste naelloper vir haar prestasie in die 400m. Philisande Ntshapela word aangewys as die Junior Victor Ludorum.
Middies het altesame 17 atlete wat gekwalifiseer het vir die Nkangala-span. Dillan Greef (0/15), Jan Joubert en Duncan Pieterse (0/17) en Neil Scott (0/19) is in die span opgeneem. Die meisies het ook hulle kant gebring, met Sue-Ann Janse van Rensburg, Kaitlyn Gonsalves, Inge Kotze, Hannah Lombard, Karma Truter, Ashton Muller en Genevieve Hambidge (0/15) saam met Chané Grey, Miné Nelson, Melanie Kruger, Liz-Mari Lombard, Lerika Oosthuizen en Melandri Smit (0/17) wat almal in die span opgeneem is.
Dillan Greef en Genevieve Hambidge het Mpumalanga verteenwoordig by die SA-kampioenskappe in Maart. Dillan het deelgeneem aan diskus en Genevieve behaal ‘n 11de plek in die 100m, 13de plek in die 200m en haar aflosspan behaal onderskeidelik ‘n 2de plek in die wisselaflos en ‘n 3de plek in die 100m aflos.
Een van Middies se oud-atlete, Lebogang Maloka, het in 2015 gematrikuleer. In hierdie jaar spog hy met 2 goue en 1 silwer medalje by die SA-kampioenskappe. Hy studeer tans Maatskaplike werk aan die Texas Christian University en behaal steeds puik prestasies op die atletiekveld.
Lebo is steeds passievol oor sy alma mater en deel die volgende boodskap met Middies se atlete: “Middies athletics helped me rise higher and be recognized worldwide. Every time I stepped on the track with my green and gold attire, I always remembered the reason of wearing those colours. I was able to compete at a national level, bringing 3 national gold medals and 1 silver medal to Middies. Middies athletics made me realize that life can be tougher than sports. Every opportunity I got, I made sure I used it wisely. The message I have for Middies is to TOUCH YOUR DREAMS and don't let anyone tell you it is impossible to be where you strive to be. In my mind, the word 'impossible' does not exist. Don't wait too long to follow your dreams because when you are old, you will be thinking about your past, regretting every minute of your life that you have lost and the opportunities that you took for granted. You are not getting any younger! Time flies! All I had to do while I was in high school, was stay focused on doing the right thing so my dreams could talk to me. I bothered Meneer Stronkie almost every day because I was chasing my dreams. So never hesitated to reach out to him or your teachers. Use all the resources that are available! When you get an opportunity, grab it before it's too late. Keep in mind that you are holding the key to your dreams and you are the master of your dreams because you're the only one who knows what it is! GO MIDDIES!”