Fasiliteite

Voorspoed Restaurant

VOORSPOED RESTAURANT
Middies se gasvryheidstudente het die voorreg om restaurantaande in die pragtige historiese Voorspoed Restaurant aan te bied.
Die gebou is ontwerp deur die bekende argitek, Gerhard Moerdyk, wat ook die Voortrekkermonument ontwerp het.
Teen die mure pryk foto's van oud-Middies wat diep spore op die Middie-skoolgrond getrap het.