Laat die plaasspeke sing…

En jy kan R10 000 wen!

Tour de Farm nuutste Medium

Meeste mense sidder gewoonlik as hulle op Facebook ’n uitnodiging kry om Farmville te speel. Maar as iemand jou egter nooi om aan die Tour de Farm-bergfietswedren by ALZU Petroport deel te neem, gryp die kans met beide hande aan. Want as jy eerste oor die wenstreep in die 75km-resies jaag, kan jy R10 000 se prysgeld in jou sak steek!

Die gewilde wedren - wat gesamentlik deur Hoërskool Middelburg, Middelburg Primary en ALZU georganiseer word - vier vanjaar hul vierde verjaardag. En vanjaar beloof om beter en groter as ooit te wees.

Verlede jaar het die wedren ongeveer 1450 fietsryers gelok en die vooruitsigte is goed vir die volgende twee jaar. Daar word beraam dat die Tour de Farm binnekort met 2000 deelnemers kan spog, wat dit een van die grootste fietswedrenne in die Mpumalanga-area sal maak.

tourdefarm Medium

Teen Woensdagoggend het hulle reeds met meer as 400 vooraf-inskrywings gespog en hulle is op koers om verlede jaar se groeisyfer van 73% voort te bou.

Fietsryers kan weer tussen afstande van 75km, 35km en 15km kies. Vir die jongspan is daar rondtes van een tot vyf kilometer wat hulle kan aandurf.

Die paletbrug wat oor 150m se plaasdamwater span, is terug en sterker en stewiger as ooit. Gelukkig strek die wedren oor ’n paar plase en ’n plaas behoort mos pluimvee te hê, of hoe? ’n Chicken run is oor dié gedeelte beskikbaar vir die minder-avontuurlustiges.

Verder is daar ’n spookhuis (jy het reg gelees), ’n paar bosgedeeltes, brûe met gemaklike klimhoeke oor versperrings en vele meer. Daar is selfs ’n treintonnel vir die wat die 75km-roete aandurf.

Met al die restaurante en die wildskamp, wat net ’n klipgooi van die wegspringpunt is, sal daar meer as genoeg vir toeskouers wees om te doen. Ritte in ’n mikroligtevliegtuig beteken dat jy jou vrou/kind/man se vordering vanuit die hemele óók kan dophou.

Kortom: laat die plaasspeke sing!

DSC 0846 Medium

Belangrike inligting:

  • Datum: 7 November
  • Plek: ALZU Petroport
  • Afstande en inskrywingsgeld: 75km (R150); 35km (R120); 15km (R80); rondtes van een tot vyf kilometer (R30).
  • Wegspringtyd: 08:00
  • Prysgeld: Eerste man en vrou oor die 75km-wenstreep: R10 000. Eerste man en vrou oor die 35km-wenstreep: R5 000. Die skool wat met die meeste inskrywings spog, steek ook R10 000 in hul sak.
  • Vooraf-inskrywings kan tot 3 November by www.cycleevents.co.za gedoen word. Van 4 November tot 6 November kan jy by Go Cycle in die Midwatersentrum inskryf - ’n ekstra fooi van R35 sal dan egter gehef word.
  • Afhaal van resiesnommers is op 6 November by Go Cycle en op 7 November by die Petroport.

Meeste mense sidder gewoonlik as hulle op Facebook ’n uitnodiging kry om Farmville te speel. Maar as iemand jou egter nooi om aan die Tour de Farm-bergfietswedren by ALZU Petroport deel te neem, gryp die kans met beide hande aan. Want as jy eerste oor die wenstreep in die 75km-resies jaag, kan jy R10 000 se prysgeld in jou sak steek!

Die gewilde wedren - wat gesamentlik deur Hoërskool Middelburg, Middelburg Primary en ALZU georganiseer word - vier vanjaar hul vierde verjaardag. En vanjaar beloof om beter en groter as ooit te wees.

Verlede jaar het die wedren ongeveer 1450 fietsryers gelok en die vooruitsigte is goed vir die volgende twee jaar. Daar word beraam dat die Tour de Farm binnekort met 2000 deelnemers kan spog, wat dit een van die grootste fietswedrenne in die Mpumalanga-area sal maak.

Teen Woensdagoggend het hulle reeds met meer as 400 vooraf-inskrywings gespog en hulle is op koers om verlede jaar se groeisyfer van 73% voort te bou.

Fietsryers kan weer tussen afstande van 75km, 35km en 15km kies. Vir die jongspan is daar rondtes van een tot vyf kilometer wat hulle kan aandurf.

Die paletbrug wat oor 150m se plaasdamwater span, is terug en sterker en stewiger as ooit. Gelukkig strek die wedren oor ’n paar plase en ’n plaas behoort mos pluimvee te hê, of hoe? ’nChicken run is oor dié gedeelte beskikbaar vir die minder-avontuurlustiges.

Verder is daar ’n spookhuis (jy het reg gelees), ’n paar bosgedeeltes, brûe met gemaklike klimhoeke oor versperrings en vele meer. Daar is selfs ’n treintonnel vir die wat die 75km-roete aandurf.

Met al die restaurante en die wildskamp, wat net ’n klipgooi van die wegspringpunt is, sal daar meer as genoeg vir toeskouers wees om te doen. Ritte in ’n mikroligtevliegtuig beteken dat jy jou vrou/kind/man se vordering vanuit die hemele óók kan dophou.

Kortom: laat die plaasspeke sing!

Belangrike inligting:

 Datum: 7 November