15A krieket vs Secunda

d5ad61283ab9917c62856067f62137ea

Middies se o/15A krieketspan was die naweek net té sterk vir Secunda. In hullle laaste wedstryd van die seisoen het  Middies besluit om eerste te kolf en danksy Gysbert Ehlers se bydrae van 51 lopies, 261 in 50 boulbeurte aangeteken.  Ehlers en Jean Lombard het daarna met goeie boulwerk gesorg dat Secunda na 32 boulbeurte vir 152 uitgehaal is.  Baie geluk aan die 0/15's met 'n skitterende krieketseisoen waarin daar hope hoogtepunte was!