Dehan Jansen van Rensburg gimnas 1000!

gimnas MediumDehan is deel van die Dolfyne gimnastiekklub wat oorspronklik net in Witbank was maar nou so bietjie langer as ’n jaar ’n tak in Middelburg ook oopgemaak het. Sy afrigter is Dolla Coetzee.

Die sport is eintlik trampolien gimnastiek. Hy doen dit reeds van sy gr 1 jaar af. Hy het al twee maal die SA beker gewen in sy ouderdomsgroep. Dehan het in 2014 sy Protea Springbokkleure ontvang waarna hy Internasionaal deelgeneem het aan die Indo Spesific kompetisie wat by Sun City gehou was teen lande soos Australië, Namibië, en Egipte. Hy het ‘n bronsmedalje ontvang.
Dehan werk tans daaraan om aan die World Games te kan gaan deelneem in Europa in 2016. Die afgelope naweek was Mpumalangaproewe waar Dehan 2 goue medaljes in altwee sy roetines ontvang het. Hy het sy Mpumalangakleure ontvang en gaan in Oktober aan die SA Kampioenskappe deelneem. Dehan moet daar weer kwalifiseer om aan die African Games te kan deelneem in Desember 2015!