Alec en Somey groet met passievolle boodskap

Alec en Somey MediumDeur Engela Volschenk

Alec Jordaan en Somey Uys het hierdie jaar die leierleisels stewig vasgehou en hulle was geliefde hoofleiers waarna elke Middie kon opkyk. Hulle groet Middelburg Hoërskool met die volgende woorde:
Somey groet ... Vandag staan ek vir die laaste keer hier voor julle in groen en goud geklee. Trotser as wat ek nog ooit was om deel te wees van die groen golf.  
Our passion is our strength. Passion gives us the strength to overcome our fears, to be disciplined and make sacrifices in pursuit of our dreams.
Matriek is beslis nie vir sissies nie. Daarom het jy passie nodig om jouself te dryf deur aande tot 1 uur te leer, dan weer half 4 op te staan om vir die laerskole wafels te bak en daarna aan ‘n atletiekbyeenkoms deel te neem. Op dae soos hierdie voel dit of jy tot die uiterste beproef word, maar eintlik is dit oomblikke soos dié wat jou karakter vorm en waarna jy terugkyk en die lekker onthou. Dit is oomblikke soos hierdie wat jou leer om vas te byt en te volhard in jou plig.
Place your hand over your heart … feel that? That is called purpouse. You are alive for a reason - don’t forget it. You were born with a purpose. If you can’t figure out your purpose yet … figure out your passion, for your passion will lead you directly to your purpose. The dreams you have were placed in your heart by God. With passion you are able to fulfil your dreams.
Julle almal is waardevol en in staat om julle drome te bereik. Moet daarom nie streef na middelmatigheid nie; streef na uitmuntendheid. Vul jou hart met passie, want dit gee jou die krag om ‘n eksta myl te loop.
 Die beste voorbeeld van ‘n persoon met hierdie Middie-passie is ons skoolhoof. Dit is inspirerend om Meneer se liefde vir die skool so duidelik te sien - ‘n passievolle skoolhoof met die beste belang van elke leerder op die hart.
Sonder 2017 se passievolle leerlingraad en leiervoogde sou ek nie die uitdagings van hierdie jaar kon hanteer nie. It’s the heart of the Middie kuzo zonke Sindhu sizopumelela we will rise to the top , and we did. We did it with passion. Unity was our victory!
Dit was vir my ‘n eer en voorreg om julle hoofdogter te kon wees. Dankie vir die wonderlike herinneringe wat ek van my hoërskooljare hier by Hoërskool Middelburg met my kan saamneem. Dit is ‘n belewenis om in ‘n skool met soveel gees en Middieguts te wees. Ek  groet julle met ‘n seer hart. Die jare wat voorlê is vol uitdagings; gebruik elke uitdaging om jou karakter te vorm. Moet nooit toelaat dat die passie in jou uitdoof nie! Moet nie tevrede                                                                                             wees met middelmatigheid nie. All good things come to an end … and so has my journey as a Middie … but the memories I will treasure in my heart for years to come.
Middies, ek groet julle. Goodbye my friend.   
Alec groet ...  Ek het myself die vraag afgevra, was dit die moeite werd om my hoërskoolloopbaan by Hoërskool Middelburg af te lê? My antwoord is ‘n onomwonde  “Ja”. Dit is hier waar ek geleer het van passie, volharding, toewyding en akademiese deursettingsvermoë. Dit is by Middies waar ek aangemoedig is om altyd my beste te lewer, om te reik vir die sterre, om vas te byt en dat dit in orde is om foute te maak. Daarbenewens is ek die geleentheid gebied om aan verskeie buitemuurse aktiwiteite deel te neem en om baie uitdagings te trotseer. Ek is die maksimum geleentheid gebied om optimaal te ontwikkel. Ek het geleentheid gehad om aan verskeie sportsoorte vir die skool deel te neem en saam met my spanmaats het ons baie hoë hoogtes bereik. Dit het my gehelp om te groei, om my swak eienskappe in sterk eienskappe  te verander, om interaksie met ‘n verskeidenheid mense en kulture te hê en selfs internasionaal aan sport deel te neem.
Ek het vanaf gr. 8 opgekyk na die leiers van die skool en het myself ten doel gestel om in hulle voetspore te volg. Ek wou ook ‘n hernieude sin van dryfkrag gee aan leierskap, spanwerk en die skool as ‘n geheel. Deurdat die posisie as hoofseun aan my toevertrou is, is ek die geleentheid gebied om die passievolle leierspotensiaal wat binne my was, wakker te maak en om spanwerk en verantwoordelikheid in sy suiwerste vorm te ervaar. Dankie Middies dat julle my in julle vertroue geneem het om die gesogte posisie te beklee.
Aan elke Middie wil ek graag die volgende boodskap gee: You may face many obstacles in your life, but don’t let this stop you from achieving what you are capable of. For this you need to be passionate about what you want to achieve in life. Don’t give up on your dream. Don’t let the criticism by others distract you from your goal. “Never lack the fire”.  Nelson Mandela said: “There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living.”
Leerlinge van Hoërskool Middelburg en veral die matrikulante van 2017 - dit was ‘n eer om hierdie jaar julle hoofseun te kon wees. At Middies we couldn’t buy memories but we certainly lived them. Eens ‘n Middie altyd ‘n Middie. Tot wedersiens Hoërskool Middelburg.
Alec en Somey, hier by Hoërskool Middelburg sal ons beslis altyd die vuur van passie hoog laat brand. Die 2018-leerlingraad se leuse is dan ook “Empower the flame” – en hierdie vlam sal ons skool lei tot nuwe hoogtes.