Middie 1000!

MIDDIE 10001 MediumSo word daar op die eerste dag van die laaste kwartaal MIDDIE 1000 knopies uitgedeel aan leerders wat 1000 of meer netto positiewe punte op MIDDIES se dissipline stelsel verwerf het gedurende 2015. Wie kan meneer Stronkie se se storie oor DUISEND CILLIERS vergeet? Die ware verhaal handel oor 'n pa wat altyd vir seun gesê het: "Jy is 'n seun DUISEND." Dit het tot gevolg gehad dat die seun die bynaam van DUISEND gekry het.

Middies ons is trots op elkeen van julle wat vandag 'n MIDDIE 1000 knopie ontvang het, jy is 'n MIDDIE 1000. Jy verdien hierdie knopie deur en deur! Dit wys jou lojaliteit, betrokkenheid en 100% Middiegees!

Die res wat dit net-net nie gemaak het nie, ons wil volgende jaar graag 'n 1000 MIDDIE 1000 knopies uitdeel! Komaan, jy KAN as jy WIL!

Middie 1000 Medium