Mense

Ouers

Huidige beheerliggaam

20180417114714024

29196277 2003687249958296 3672234546029395968 n

Bertus Steyn (onderwyserverteenwoordiger), Peter Clark, Matthew Abraham, Wihan van Zyl, Johan Stronkhorst (skoolhoof), Liezel Jansen van Niewenhuizen (nie-onderwyserverteenwoordiger), Japie Botes, Flip Jansen, Johan Venter, Werner Ferreira, Gerrit Buurman, Dave Osborn (onderwyserverteenwoordiger), Adri Kuhn (leerder), Greta Kurpershoek (leerder) en Lisa Pretorius (leerder). Afwesig: Rachel McDonald (onderwyserverteenwoordiger) en Shaun Hambidge.

Middelburg Hoërskool gaan (letterlik) vooruit

Wanneer oud-Middies by die skool kom, hoor ons altyd dat hulle sê hoe goed dit by die skool lyk. En as ‘n mens ‘n opname begin maak, besef jy dat daar inderdaad baie verbeteringe aan die geboue en terrein aangebring is. Mnr. Peter Clark dien in die Beheerliggaam van die skool en sy portefeulje is “Geboue en Terrein”. Onder sy leiding is daar sedert die begin van 2015 die volgende verbeteringe aangebring:

Sport:
  • Hokkie Astrobaan met beligting. (Hierdie projek is gedryf deur die hokkiekomitee en hokkie-ouers.)
  • Hokkie A-veld paviljoen se dak is geverf. (Hokkie-ouers.)
  • Die grasoppervlakke van die A-, B- en C-hokkieveld is verbeter.
  • Die krieketblad word verdubbel na vier bane.
  • Die Verwey-krieketklubhuis word voltooi.
  • Nuwe krieketnette met astro-oppervlakte word geskep.
  • Herstelwerk aan die muurbalbaan word voltooi en kleedkamers word by die muurbalbaan gebou.
  • Netbalbane se oppervlakke word opgeknap.
  • 'n Muur om die netbalbane word gebou.
  • 'n Steenpaviljoen word by die netbalbane gebou.
  • Spreiligte is opgerig by een netbalbaan.
  • Die skietbaan se gebou is opgegradeer.
  • Verskeie rugby-spankamers is verbeter.
  • Die grasoppervlakke van die rugbyvelde is verbeter.
  • Die dak van die rugby-spankamers is geverf.
  • Die MSSI-fasiliteit word geskep en ingelyf.
  • Tennisbane se oppervlakke word opgeknap.
Badkamers:
  • Drie van die dogtersbadkamers word geteël en opgeknap. (Projek geloods deur die 2014-matrikulante en Groen Vennote.)
  • Seunsbadkamers word geverf en herstel.
  • Nuwe badkamers vir dames en mans by die hoofpaviljoen. (2015-matrikulante.)
  • Badkamers by die netbalklubhuis vir ouers word verbeter.
Geboue:
  • Gimnasium se dak word vervang. (Ouerskenking.)
  • Eerste huis langs die Toonnael word geverf en binne en buite herstel.
  • 2 woonstelle in Excelda-koshuis vir diensdoenende personeel word opgeknap.
  • Excelda-seunskoshuis (linkervleuel) word opgeknap en herstel.
  • Pallisade word om die akademiese geboue opgesit met hekke sodat dit gesluit kan word.
  • Pallisade word op die muur in Cohen Ntulistraat opgesit vir sekuriteit.
  • Sekere gedeeltes van die buitemuur kry elektriese omheining.
  • Opgradering van die administratiewe blok en kantore.
  • Verskeie ligte word opgesit vir beter sekuriteit.
  • Diefwering by klasse met “smartboards”.
  • Nuwe waghuisie vir sekuriteitswag by hoofingang en Coetzeestraat se ingang.
  • Beide boorgate is herstel en is nou in werkende toestand.
  • Noodligte in Dennekoshuis se eetsaal en studiesaal vir kragonderbrekings.
  • Verskeie klasse is geverf.
  • Addisionele asblikke op die perseel.
  • Klank en beligting is opgegradeer in die saal.
  • In die proses om strepe te verf op paaie.
  • Herstel van paaie.
  • Personeelkamer is opgeknap.
Kapitaalverbeteringe:
  • Aankoop van tweede trekker.
  • Swaardiensroller vir hokkievelde. (Ouerskenking.)
  • Skoolsleepwa is oorgebou. (Ouer.)
  • Professionele grassnyer vir sportvelde.
Projekte in aanvang:
  • Plaveisel vir aantreeblad. (Ouerskenking van stene is ontvang.)
  • Adjunkhoof se huis is herstel en geverf.
  • 2 x Jojo-tenks vir water.
  • Verwydering van geroeste geute.

Message from Middies governing body 2017

By Jess Martin

A new governing body was elected in March 2015 and a number of new faces joined the committee.

The motto of the governing body is “from good to great”, and it is our intention to try and carve out a path taking Middies there. Our focus is on preparing our children for life after their school years. Whether it be for further studies or to take up their respective roles in the jobs market after matric.

A huge number of changes have already taken place in the past year:

  • Cricket clubhouse.
  • Rugby supporters club seating.
  • Guardhouse at main school entrance.
  • Guardhouse at Kentucky entrance.
  • Improvements to grass on sports fields.
  • Painting a number of classrooms.
  • Replacing many broken windows.
  • Netball courts resurfaced.
  • G-block roof and gutters.
  • Painting exterior of Excelda hostel and replacing part of it’s roof with stainless steel sheeting.
  • Palisade around academic block.
  • Additional coaching.
  • Additional teachers.
  • Roof of the pavilion replaced with stainless steel.
  • Palisade fences and new motor gates.
  • Improvements to bathrooms.

We have also made significant strides in improving the IT of the school with a sophisticated WiFi network that enables us to roll out e-learning to all classes. Indeed a massive and daunting project that will free up our teachers’ time so that they can do more of what they are good at – teaching.

In the academic field we are working to give teachers all the tools they need to enhance teaching - several interactive whiteboards have been put up, projectors and computers purchased. The Classroom Management modules of Saspack is currently being rolled out to enable classroom administration to be done on line through the WiFi network. This enables faster reporting and quicker response to any problems that may be unfolding or opportunities that may be developing.

The financial situation in South Africa and especially Middelburg is very tough and many of the above has been achieved through sponsorships and fund raising: the governing body salutes the Middelburg community and our Middies parents for the helping!

The governing body has an open door policy and would welcome any constructive advice and/or criticism. We are proud of our school and are actively involved in the activities of our school. We would like all our fellow parents to be actively involved in our school.

If you have any ideas, please feel free to contact the following people:

  • Safety and security: Japie Botes.
  • Finance: Piet Potgieter and Jess Martin.
  • Buildings and terrain: Peter Clarke.
  • English class: Jess Martin.
  • Academic issues: Japie Botes (Co-opted).
  • Sport: Johan Venter.
  • IT and Marketing: Wihan van Zyl.
  • Culture: Marius van Rooyen (Co-opted).
  • Farm: Flip Jansen.
  • Hostels and Legal: Eugene Ehlers.
  • Chair: Pieter Scheepers.
Beheerliggaam 2016 Large