middies sport

Muurbal

Middies Muurbal Logo Groen

Ons speel in die derde kwartaal ligawedstryde teen omliggende skole, en oefen by die Middelburg Buiteklub (Country Club) asook by die pragtige baan op ons eie skoolterrein.

Muurbalspelers hou Middies se naam hoog

Rissiepit muurbal Medium

Wil-Mari Botha, Jenna Marshall, Kyrie Taljaard, Vanessa de Jesus, Jhoa Combrink en Chanel Strydom.

Deur Nicole Geyser

Die muurbalseisoen het op 23 Julie 2018 begin en sedertien het MHS se muurbalspelers die ander skole behoorlik op hulle tone gehou.
Met die ligawedstryde het die spanne baie belowend gelyk. Hulle het gespeel teen Hoërskool Generaal Hertzog, Kriel, Ben Viljoen, Kanonkop, HTS Witbank, Secunda en HTS Middelburg. Die uitslae was soos volg:

Teen HGH:
Eerstespan seuns wen 14-8.
Tweedespan seuns wen 9-3.
Die dogterspan wen 13-0.
MHS is die algehele wenner.

Teen Kriel:
Eerstespan seuns wen 18-0.
Tweedespan seuns wen 15-0.
Die dogterspan wen 15-0.

Teen Ben Viljoen:
Seunsspan verloor 6-15.
Dogterspan verloor 5-10.

Teen HTS Witbank:
Eerstespan seuns wen 18-3.
Tweedespan seuns verloor 3-9.
Die dogterspan wen 9-4.

Teen Secunda:
Eerstespan seuns wen 12-8.
Tweedespan seuns wen 11-7.
Die dogterspan wen 13-0.

Teen HTS Middelburg:
Eerstespan seuns verloor 8-15.
Tweedespan seuns verloor 4-12.
Die dogterspan verloor 2-11.

Oor die algemeen het dit baie goed gegaan met Middies se muurbal in 2018 en ons sien met verwagting uit na volgende jaar se prestasies.