Fasiliteite

MSSI

Middies Sport Spesifieke Instituut

IMG 20190115 WA0008 Medium

Mnr. Vicario Menegaz en Mnr. Sam Gerber is die twee afrigters by MSSI.

MHS se sportkondisionering wor uit 'n wetenskaplike oogpunt benader . Alle sport, hetsy individueel of spansport, moet van ’n ordentlike periodiseringsprogram gebruik maak.

Sekere aspekte soos spoed/ratsheid/krag/aӫrobiese uithouvermoӫ moet op sekere tye van die seisoen aandag verg. Dit gaan die mikpunt wees van die instituut. Die oorhoofse doelwit van die instituut is om kinders volgens hulle chronologiese ouderdomme te ontwikkel op 'n manier waarop hulle liggame dit kan hanteer.

MSSI gaan spesifiek met die leerders werk om hulle optimale kragte te ontwikkel vir elke spesifieke sportsoort.

Hier in Middieland woeker ons sportmanne (en dames) met al hulle talente en sorg dat die medaljes en trofeë die een na die ander ingepalm word. Maar wie werk agter die skerms om hierdie prestasies moontlik te maak? In die eerste plek beslis entoesiastiese afrigters. Hulle hand word gesterk deur die nuwe sportsentrum by Middies, die MSSI.

Die MSSI, hoewel nie enig in sy soort nie, is uniek in die skolestelsel en MHS is die eerste skool in die dorp wat kan spog met so ‘n unieke program.

Die MSSI (Middies Sport Spesifieke Instituut) is geskep deur me. Magda Nieuwoudt. Sy het ‘n visie gehad vir die opbou van die skool se sportlui en het dit haar missie gemaak om deur dié program sportmanne op te bou in hulle spesifieke sport en hulle hierdeur te motiveer om hulle beste prestasies te lewer. Die MSSI is gerig om die prestasies in sekere sportsoorte te verbeter deur na teikenspiere te kyk en dit te oefen en ook jou liggaam so te oefen dat jy in jou sport na die beste van jou vermoë kan presteer.

Hierdie sentrum moet ook nie verwar word met ‘n gimnasium nie. Die MSSI is anders as ‘n gimnasium aangesien dit nie net fokus op spierbou en gewigte nie, maar elke liggaamsdeel oefen. Dit help jou om só te oefen dat jy eerste jou eie liggaam kan hanteer en daarna stel dit jou in op die spesifieke sportsoort en sodoende help dit jou om jou prestasie in sport te verbeter. Dit mag selfs lagwekkend klink, maar by die MSSI oefen mens selfs jou groottoonspiere sodat jy vinniger kan hardloop.

Deelnemers wissel van rugbyseuns tot skuts. Jy hoef ook nie aan sport deel te neem om by hierdie program in te skakel nie.

Die MSSI het al reeds talle leerders en spanne gehelp om hulle eie prestasie te verbeter. Daar wag ‘n blink toekoms vir al ons sportsterre wat hulle verbind tot die oefenprogram by die MSSI.

Mnr. Sam Gerber is vir 15 jaar 'n proffesionele rugbyspeler en het 316 eersteklas wedstryde gespeel. Hy behaal die volgende sertifikate:

  • Yann Pradel - Sport Rehab course
  • Master Coaching Certificate
  • Richard Dourthe - Rugby drills and skills course
  • World Rugby Coaching Level 2
  • Wold Rugby Sevens Coaching Level 1
  • Boksmart

Mnr. Gerber draf ook as 'n kranige speler uit in die volgende spanne:

  • SA Skole Akademie 1999
  • Junior Springbokke 2000
  • Oostelike Provinsie 2000-2002
  • Pumas 2003, 2005-2006
  • Sharks 2004
  • Franse Top 14
  • Bayonne 2006-2014
  • Bayonne Speler van die jaar 2009-2010
  • Top 14 "Try scorer of the year" 2010

Mnr. Vicario Angelo Menegaz het Sport Wetenskap en Projek Bestuur aan die Noord Wes Universiteit studeer vanaf 2014 tot 2017. Hy het in 2018 by Middies aangesluit.

Vir enige navrae rondom die instituut stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MSSI Logo