Mense

Leerlinge

Leiervoogde

Mandy van der Westhuizen Medium  Lezaan Rossouw Medium  Eduan van den Heever Medium 
Mandy van der Westhuizen, Lezaan Rossouw en Eduan van den Heever

Hoofleiers 2019

39580634 2131158007211219 6898698834453463040 n

Hoofseun: Nathan Lombard Hoofmeisie: Wilna Steenkamp 

39594011 2131157870544566 2488507027714736128 n

Onderhoofseun Akademie & Bemarking: Dirkse Steenkamp Onderhoofdogter Akademie & Bemarking: Greta Kurpershoek

39786330 2131157893877897 4722398966669377536 n

Onderhoofseun Kultuur: PJ Linde. Onderhoofdogter Kultuur: Kyra Erwee.

39799802 2131157883877898 7712278473401696256 n

Onderhoofseun Sport: Kyle Christie. Onderhoofdogter Sport: Anja Groenewald.

Leerlingraad 2019

37144001 2125459857781034 7990548682955030528 n

Lisa Pretorius, Liz-Mari Lombard, Nicole Gerrits, Jade Stapelberg, Charné Vandenbrouck, Kyra Erwee, Kyrie Taljaard, Anja Groenewald, Wilna Steenkamp, Marietjie Vollmer, Nicole Hartslief, Greta Kurpershoek, Heleen du Toit, Melanie Kruger, Lindo Gininda, Jania du Plessis en Sharnie Venter.

39221428 2125459847781035 5147739967518146560 n

Enco Swart, Nathan Lombard, Dirkse Steenkamp, Michael van Aswegen, Rindt Gericke, Kevin Santos, Vincent Mostert, SJ Venter, Smiley Mosia, Edward van der Wal, PJ Linde, Evert Buurman, Wayde Wilcox en Kyle Christie, 

Koshuis - Hoofleiers 2019

39616876 2131161253877561 8866302384444276736 n

Excelda Hoofseun: Donovan Peetz en onderhoofseun: Rowane Skosana. Denne Hoofdogter: Skye Erasmus

Koshuis: Leerlingraad 2019

39181068 2125591977767822 4535019993200328704 n

Skye Erasmus, Ané Kriek, Abigail Luck en Khanyi Mbokhane.

39208406 2125592007767819 3917060794436550656 n

Rowane Skosana, Donovan Peetz en Smiley Mosia.

Argief

Hoofleiers 2018

20170822 093211 Medium

Hoofdogter: Lara de Villiers Hoofseun: Neil Scott

Onderhoofdogter - Akademie: Engela VolschenkOnderhoofseun - Akademie: Kyle Hambidge

Onderhoofdogter - Kultuur: Alexa du ToitOnderhoofseun - Kultuur: Vickus Smit

Onderhoofdogter - Sport: Zannenlee VenterOnderhoofseun - Sport: Coenraad Visser

Leerlingraad 2018

DSC 0178 Medium

Dogters. Agterste ry: ALEXA DU TOIT, DANICA GROENEWALD, MARI KUHN, JANKE BOTES, WIL-MARI BOTHA, TIFFANY PRATT, LUMé LUDEKE, REANI WOHLITZ, ANDEA VAN DER MERWE. Voorste ry: ENGELA VOLSCHENK, MIEKE PETERSEN, COURTNEY STRYDOM, LARA DE VILLIERS, ZANNENLEE VENTER, LARA STRAUSS, MARLIZE AUCAMP, NERISSA PELIMPASAKIS.

DSC 0183 Medium

Seuns:
Agterste ry: CHRISTIAN MATTHEWS,JEAN LOMBARD, JACO JACOBS, VICKUS SMIT, GYSBERT EHLERS, MATT TALJAARD, COENRAAD VISSER, Voorste ry: CRAIG RUSSELL , DEHAN KRUGEL,  ARNO KRUGER, OKKE VAN DER KOLFF, KYLE HAMBIDGE, CHRIS STEYN, NEIL SCOTT.

Koshuisleiers 2018

DSC 0131 Medium
Koshuis Hoofleiers: 
Seuns: Arno Kruger en Unathi PoyoDogters: Lesego Atoli en Marlie Kotze.

Koshuis dogters
Koshuis Dogters: Agter: Lara de Villiers, Marlie Kotze en Vanessa Gordon, Voor: Lesego Atoli en Charmaine Motha

Koshuis seuns

Koshuis Seuns:
Agter: Arno Kruger en Jean Els. Voor: Unathi Poyo en Sithembiso Makua

Ontmoet ons hoofleiers van 2018

Hoofleiers 2018 Medium

Deur Matthys Taljaard
Die Rissiepit  het met Hoërskool Middelburg se nuwe hoofleiers gesels. Neill Scott en Lara de Villiers besef dat hulle groot skoene het om vol te staan. Tog deins hulle nie terug vir hierdie nuwe uitdaging nie. Op ons vrae het hulle uiteenlopend geantwoord en dit verklap heelwat oor hulle persoonlikhede. 
What do you do in your spare time?
Neill: Gym, running, watch TV, watch GOT (Game of Thrones).
Lara: Spandeer tyd saam met vriende en familie, eet en oefen.
What is your favourite movie/book and song?
Neill: Movie: Hacksaw Ridge. Book:  Simon Scarrow,  Under the Eagle Series. Song: Ed Sheeran, What do I know.
Lara: Fliek: The Notebook. Boek: The Shack. Liedjie: Dusk till dawn (Zayn).
What is your motto or favourite saying?
Neill: Practice makes perfect.
Lara: Wees dankbaar, eet meer groente en wees lief vir ander.
Where do you see yourself in ten years?
Neill: Working as a chiropractor in whatever town I land in.
Lara: 10 jaar ouer, uit die skool, klaar gestudeer vir mediese dokter, suksesvol, getroud met die perfekte man en ‘n pienkvoet.
What is your most prized possession?
Neill: Wifi.
Lara: My Bybel, familiefoto’s en video’s uit my kinderdae.
Did you always have a passion for sport? Where did it come from?
Neill: No, during gr. 0-4 I was not exactly a sport star. My sporting talents started to show in gr. 5 when a coach made me believe in myself and gave me self confidence.
Lara: Ja, ek is gebore in ‘n familie wat baie lief is vir sport.  Ek sal sê dat ek nog altyd ‘n groot passie gehad het vir sport.
Who is your celebrity crush and why?
Neill: Emilia Clark. She has a strong personality and she is beautiful.
Lara: Leonardo DiCaprio. Toe ek klein was, was ek “obsessed” met die fliek Titanic.  Leonardo was op daai stadium vir my vreeslik mooi;  of kan ek eerder sê “troumateriaal”.
Who is your role model and why?
Neill: Jon Snow (the character). He does the right thing even though he knows it will put his own life in danger.
Lara:  Roger Federer. Hy wys dat harde werk beloon word en al het hy so baie in sy lewe bereik en soveel titels gewen, bly hy nederig. Sy houding óp sowel as van die baan af, is ‘n perfekte voorbeeld van goeie sportmanskap.
Describe yourself in only one word.
Neill: Diligent.
Lara:  Original.
Neill en Lara, baie sterkte met hierdie belangrike taak wat op julle skouers rus.

Hoofleiers 2017

Hoofleiers 2017 Medium

Voor: Somey Uys (Hoofdogter) en Alec Jordaan (Hoofseun). Agter: Pauli Verwey en Nathan Mey (Onderhoofleiers Akademie), Suné Kruger en Robert du Toit (Onderhoofleiers Kultuur) en Rihani Lombard en Cornel Els (Onderhoofleiers Sport).

Leerlingraad 2017

Seunsleiers 2017 Medium

Seunsleiers: Voor: Glenn Christie, Jandré Greyling, Anro Scheepers, Rudolf Kruger. Middel: Carl Kitshoff, Alec Jordaan, Andrew Martin, Agter: Loyiso Masinyane, Aiden Vandenbrouck, Dante Clark, David O'Grady, Jaco Fraser, Nathan Mey, Cornel Els, Robert du Toit

Dogtersleiers 2017 Medium

Dogtersleiers: Voor: Elsje-Mari Breytenbach, Jenna Erasmus, Nikita Victor, Lilia du Plessis, Nadia Cloete, Callan Niemand. Middel: Hestie Botha, Jannali du Plessis, Suné Kruger. Agter: René du Toit, Ananja van Zyl, Lebo Ramajaine, Rihani Lombard, Somey Uys, Pauli Verwey, Lebogang Kekana, Charlize Whitlock, Natasha Zaaiman, Elzandé Fouché.

Alec en Somey groet met passievolle boodskap

Alec en Somey Medium

Deur Engela Volschenk
Alec Jordaan en Somey Uys het hierdie jaar die leierleisels stewig vasgehou en hulle was geliefde hoofleiers waarna elke Middie kon opkyk. Hulle groet Middelburg Hoërskool met die volgende woorde:
Somey groet ... Vandag staan ek vir die laaste keer hier voor julle in groen en goud geklee. Trotser as wat ek nog ooit was om deel te wees van die groen golf.  
Our passion is our strength. Passion gives us the strength to overcome our fears, to be disciplined and make sacrifices in pursuit of our dreams.
Matriek is beslis nie vir sissies nie. Daarom het jy passie nodig om jouself te dryf deur aande tot 1 uur te leer, dan weer half 4 op te staan om vir die laerskole wafels te bak en daarna aan ‘n atletiekbyeenkoms deel te neem. Op dae soos hierdie voel dit of jy tot die uiterste beproef word, maar eintlik is dit oomblikke soos dié wat jou karakter vorm en waarna jy terugkyk en die lekker onthou. Dit is oomblikke soos hierdie wat jou leer om vas te byt en te volhard in jou plig.
Place your hand over your heart … feel that? That is called purpouse. You are alive for a reason - don’t forget it. You were born with a purpose. If you can’t figure out your purpose yet … figure out your passion, for your passion will lead you directly to your purpose. The dreams you have were placed in your heart by God. With passion you are able to fulfil your dreams.
Julle almal is waardevol en in staat om julle drome te bereik. Moet daarom nie streef na middelmatigheid nie; streef na uitmuntendheid. Vul jou hart met passie, want dit gee jou die krag om ‘n eksta myl te loop.
 Die beste voorbeeld van ‘n persoon met hierdie Middie-passie is ons skoolhoof. Dit is inspirerend om Meneer se liefde vir die skool so duidelik te sien - ‘n passievolle skoolhoof met die beste belang van elke leerder op die hart.
Sonder 2017 se passievolle leerlingraad en leiervoogde sou ek nie die uitdagings van hierdie jaar kon hanteer nie. It’s the heart of the Middie kuzo zonke Sindhu sizopumelela we will rise to the top , and we did. We did it with passion. Unity was our victory!
Dit was vir my ‘n eer en voorreg om julle hoofdogter te kon wees. Dankie vir die wonderlike herinneringe wat ek van my hoërskooljare hier by Hoërskool Middelburg met my kan saamneem. Dit is ‘n belewenis om in ‘n skool met soveel gees en Middieguts te wees. Ek  groet julle met ‘n seer hart. Die jare wat voorlê is vol uitdagings; gebruik elke uitdaging om jou karakter te vorm. Moet nooit toelaat dat die passie in jou uitdoof nie! Moet nie tevrede                                                                                             wees met middelmatigheid nie. All good things come to an end … and so has my journey as a Middie … but the memories I will treasure in my heart for years to come.
Middies, ek groet julle. Goodbye my friend.   
Alec groet ...  Ek het myself die vraag afgevra, was dit die moeite werd om my hoërskoolloopbaan by Hoërskool Middelburg af te lê? My antwoord is ‘n onomwonde  “Ja”. Dit is hier waar ek geleer het van passie, volharding, toewyding en akademiese deursettingsvermoë. Dit is by Middies waar ek aangemoedig is om altyd my beste te lewer, om te reik vir die sterre, om vas te byt en dat dit in orde is om foute te maak. Daarbenewens is ek die geleentheid gebied om aan verskeie buitemuurse aktiwiteite deel te neem en om baie uitdagings te trotseer. Ek is die maksimum geleentheid gebied om optimaal te ontwikkel. Ek het geleentheid gehad om aan verskeie sportsoorte vir die skool deel te neem en saam met my spanmaats het ons baie hoë hoogtes bereik. Dit het my gehelp om te groei, om my swak eienskappe in sterk eienskappe  te verander, om interaksie met ‘n verskeidenheid mense en kulture te hê en selfs internasionaal aan sport deel te neem.
Ek het vanaf gr. 8 opgekyk na die leiers van die skool en het myself ten doel gestel om in hulle voetspore te volg. Ek wou ook ‘n hernieude sin van dryfkrag gee aan leierskap, spanwerk en die skool as ‘n geheel. Deurdat die posisie as hoofseun aan my toevertrou is, is ek die geleentheid gebied om die passievolle leierspotensiaal wat binne my was, wakker te maak en om spanwerk en verantwoordelikheid in sy suiwerste vorm te ervaar. Dankie Middies dat julle my in julle vertroue geneem het om die gesogte posisie te beklee.
Aan elke Middie wil ek graag die volgende boodskap gee: You may face many obstacles in your life, but don’t let this stop you from achieving what you are capable of. For this you need to be passionate about what you want to achieve in life. Don’t give up on your dream. Don’t let the criticism by others distract you from your goal. “Never lack the fire”.  Nelson Mandela said: “There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living.”
Leerlinge van Hoërskool Middelburg en veral die matrikulante van 2017 - dit was ‘n eer om hierdie jaar julle hoofseun te kon wees. At Middies we couldn’t buy memories but we certainly lived them. Eens ‘n Middie altyd ‘n Middie. Tot wedersiens Hoërskool Middelburg.
Alec en Somey, hier by Hoërskool Middelburg sal ons beslis altyd die vuur van passie hoog laat brand. Die 2018-leerlingraad se leuse is dan ook “Empower the flame” – en hierdie vlam sal ons skool lei tot nuwe hoogtes.

Leerlingraadverkiesingsbeleid

Hierdie beleid is oor 20 jaar ontwikkel, aangepas en verfyn. Dis 'n beleid wat al die rolspelers by die skool toelaat tot verkiesing van die leerlingraad. Die beleid is deursigtig in die sin dat dit beskikbaar is ten alle tye voor die verkiesing van die leerlingraad tot na afhandeling van die verkiesing waar enige iemand met belang daarby, toegang het tot nominasies, kontrole en die stemtelproses. Die beleid is duidelik uiteengesit en geen aanpassings of veranderings word tydens die verkiesingsproses toegelaat nie, veral nie t.o.v. die kriteria's waaraan leerders moet voldoen nie. Die beleid maak voorsiening vir 'n gebalanseerdheid tussen leerders en onderwysers t.o.v. die gewigswaarde van stemme. Die beleid diskrimineer teen geen leerder t.o.v. taal, kleur of aansien nie. Ons is baie trots op hierdie beleid wat sterk in stand gehou word deur die bestuur van die skool. Leierontwikkeling by MHS is 'n hoë prioriteit sodat jy nie net roetinetakies verrig nie, maar op die globale ontwikkeling van leerders se leierskap fokus. By tersiêre inrigtings presteer oud-Middies jaarliks omrede ons uitstekende leierontwikkelingsprogram. Ons nooi ouers uit om hierdie deurdagte, goed gefundeerde beleid onder oë te kry deur die skool te besoek en op afspraak met die leerlingraadsvoogde te gesels. Ons beskerm ons beleid t.o.v plagiaat en kopiëring, daarom is dit slegs by die skool beskikbaar op aanvraag.

Leerlingraad 2016

Seunshoofleiers van 2016
DSC 0015 Medium
Onderhoofseun Kultuur: Jacques Oostendurp

Onderhoofseun Sport: Henrico Störm

Onderhoofseun Akademie: Michael Butcher

Dogtershoofleiers van 2016

DSC 0016 Medium
Onderhoofdogter  Akademie: Elzeth Steenkamp
Onderhoofdogter Sport: Louise Hertzog
Onderhoofdogter Kultuur: Louise Volschenk


Seunsleiers 2016 Medium
Agter van links na regs: Johan Viljoen, Edrich du Plessis, Gavin van Rooyen, Jacques Oostendurp, Miquel Pieters, Rhuan Wohlitz, Michael Burcher,  Thys Potgieter. Voor van links na regs: Ryan Phiri, Danny de Jesus, Wandile Shabangu, Jadrich van der Merwe, Iain Zwart, Tiaan Roodman, Henrico Storm

Seuns
1. Michael Butcher
2. Danny de Jesus
3. Edrich du Plessis
4. Jacques Oostendurp
5. Ryan Phiri
6. Miquel Pieters
7. Thys Potgieter
8. Tiaan Roodman
9. Wandile Shabangu
10. Henrico Storm
11. Jadrich van der Merwe
12. Gavin van Rooyen
13. Johan Viljoen
14. Rhuan Wohlitz
15. Iain Zwart

Dogtersleiers 2016 Medium
Agter van links na regs: Elzeth Steenkamp, Ashleigh Wilson, Caylee Hannay, Thando Khumalo, Cheron de Waal, Chanelle Botha, Louise Hertzog, Johanine de Klerk, Sné Mdletshe, Corné Engelbrecht, Nanet van der Linde. Voor van links na regs: Jané van der Wal, Tylah Viljoen,  Jessica Bothma, Kirsten Jansen van Vuuren, Elanie le Roux, Louise Volschenk, Sabeehah Latif, Larissa de Jager

Dogters
1. Chanelle Botha
2. Jessica Bothma
3. Larissa de Jager
4. Johanine de Klerk
5. Cheron de Waal
6. Corné Engelbrecht
7. Caylee Hannay
8. Louise Hertzog
9. Kirsten Jansen van Vuuren
10. Thando Khumalo
11. Sabeehah Latif
12. Elanie le Roux
13. Sné Mdletshe
14. Elzeth Steenkamp
15. Nanet van der Linde
16. Jané van der Wal
17. Tylah Viljoen
18. Louise Volschenk
19. Ashleigh Wilson

Excelda Seunskoshuisleiers 2016 Medium
Van links na regs: Wandile Shabangu,  Ryan Phiri,  Denton Cant,   Micheal Matenga

Excelda Seunskoshuis
1. Denton Cant
2. Wandile Shabangu
3. Ryan Phiri
4. Micheal Matenga

Denne Dogterskoshuis Leiers 2016 Medium
Van links na regs: Sné Mdletshe,  Abby du Preez, Carmen du Preez, Corné Engelbrecht, Es'Ni Masombuka

Denne Meisieskoshuis
1. Abby du Preez
2. Carmen du Preez
3. Corné Engelbrecht
4. Es’Ni Masombuka
5. Sné Mdletshe

Ontmoet ons hoofleiers

Miquel Pieters en Nanet van der Linde is hierdie jaar MHS se hoofleiers. Rissiepit het ‘n paar vrae aan hulle gevra:
Enige iets laf waarvoor jy bang is?
Miquel: Spookstories.
Nanet: Renosters. Onthou julle die gr. 11-kamp? Simoné van der Merwe sal daarvan getuig, al sê ek hoeveel keer sy mag nie. #ShowedMyTrueColour.
Wat is jou beste herinnering as hoofleier tot dusver?
Miquel: Die ‘rap’-sessie in die personeelkamer.
Nanet: Al die klein goedjies, soos die keer toe ek en Miquel terugvoering moes gee oor die beplanningskamp. Ons het dit vertel deur die woorde van “Downtown” van Maclemore en Ryan Lewis te verander. Ek en Miquel het altyd een of ander plan om iets meer interessant te maak; hopelik sien julle nog daarvan.
As jy net een dag het om te lewe, wat sou jy doen?
Miquel: Ek sou Nanet “stick” vir ‘n roomys om my waardering te wys. Ek sou my gesin met ‘n lekker vakansie neem. Ek sou aan al my vriende en vriendinne ‘n dankie-brief skryf.
Nanet: Die dag saam met die mense wat ek liefhet - vriende en familie - spandeer.
Wat is die beste besluit wat jy ooit gemaak het?
Miquel: Om te begin dans.
Nanet: Daar is nie regtig een wat uitstaan nie; wel ‘n paar wat kop-aan-kop kom. Om in die eerste netbalspan te wees - julle is die beste #Believe#CelineOfNiks. Cherize – jy kan maar sê my ander helfte #MeerBriefiesAsLeerwerk. Om saam met Miq hoofleier te wees – Miq, sonder jou is ek maar net…
Wat is jou gunsteling fliek?
Miquel: Step Up 4. Dans is my passie en ek kan al die woorde saam sê, ek moet nog net die danse leer van die fliek.
Nanet: Avengers. Wie kan nou ‘n “superhero movie” weerstaan?
Wat is jou sterkste eienskap?
Miquel: Vriendelikheid. Al moet ek 20 % van die kere ‘n “smile fake”, help dit tog om my dag te maak en so ook ander se dag.
Nanet: Geduld, al steek ek dit partykeer weg.
Wat is die klein dingetjies wat jou gelukkig maak?
Miquel: ‘n Glimlag van ‘n vreemdeling, die geselsies saam met my ouers en vriende, die “random” drukkies van my ma en pa, asook van my vriende.
Nanet: My ma - hoe klein wil julle gaan? Familie is een van my steunpilare. Mense wat mooi is met ander. My sussie. Soene op my voorkop. Hoeveel soek julle?
Wie is jou rolmodel en hoekom?
Miquel: My pa. Vir al sy kennis en omgee vir ander. Hy is my steunpilaar vir wanneer ek in ‘n winter in my lewe is. Dan my ma. Ook vir al haar liefde vir haar kinders en ander mense. Dan ook ‘n “movie star”, Ryan Guzman wat in Step Up speel. Hy kon nie dans nie en het geleer van onder af en het sy sukses tot in die Step Up-fliek gemaak.
Nanet: Ek streef na bewonderingswaardigheids-eienskappe (langste woord in my lewe) in verskillende mense. My sussie se uithouvermoë. My ma se geduld. My netbalspan se onvoorwaardelike liefde.
Hoekom is jy ‘n gelukkige Middies?
Miquel: By Middelburg Hoërskool kan ek myself wees en almal aanvaar jou vir wie en wat jy is.
Nanet: By ons skool kan ons individue wees sonder enige druk om soos iemand anders te moet wees. Ons word aanvaar, of ons nou goed is in kuns of rugby of in akademie.
Miquel en Nanet gaan saam matriekafskeid toe. Ons wou weet hoe het hy haar gevra en of sy al ‘n rok het en uitsien na die matriekafskeid.
Miquel: Dit is hierdie jaar skrikkeljaar en Nanet het mý gevra: “Hoe ‘cool’ sal dit nie wees as ons twee, as hoofleiers, saam matriekafskeid toe gaan nie? Ons sal geskiedenis maak, want niemand het dit nog gedoen nie.” Natuurlik het ek ja gesê. Sy is ‘n lewenslange vriendin en wie sal nou nie saam met jou vriendin na so ‘n geleentheid wil gaan nie?
Nanet: Miq vra Nanet matriekafskeid toe? Ek het hom nie kans gegee nie.
Skrikkeljaar het darem gehelp. Ek het net nie vir hom ‘n keuse gegee nie. Wat sê hulle? “Nothing worth having comes easy.”
Ek het al ‘n rok, dit is nou net vir die skoene en al die res wat kort. Die woord “matriekafskeid” is eintlik verwarrend, want dit is nie net matrieks wat kom nie en ons gaan mekaar nog die hele eindeksamen sien. So dit is ook nie ‘n afskeid nie. Ek besef egter dat dit die laaste groot kuier saam is... En die seuns trek mooi aan, so ja, ek sien uit na die matriekafskeid.

DSC 0012 Medium
Hoofseun 2016:  Miquel Pieters en Hoofdogter 2016: Nanet van der Linde

Leeringraad 2015

MHS Hoofleiers Elani Nell en Marnus Aucamp 2015 045
Hoofleiers Elani Nel en Marnus Aucamp

MHS Seuns hoofleiers 2015 073
Hoofseun
Marnus Aucamp
Onderhoofseun Akademie

Joshua Mey
Onderhoofseun Sport
Nefdt du Toit
Onderhoofseun Kultuur
Gerrit du Toit

Dogtershoofleiers 2015
Hoofdogter
Elani Nell
Onderhoofdogter Akademie

Marizel Scheepers
Onderhoofdogter Sport
Chanelle Verwey
Onderhoofdogter Kultuur
Megan Potgieter

Seuns

MJ Ackerman
Rudolph Backer
Marcel Dique
Francois du Toit
Jopie Kühn
Ian McDonald
Fana Ngwenya
Philip Olivier
Ruben Roodt
Wihan van Schalkwyk
Marius Verwey

Dogters
Denay Coetzee
Chanel Erasmus
Verolize Havenaar
Michelle Horn
Deirdreé Jansen
Thiané Jansen van Nieuwenhuizen
Rebecca Langeveld
Uyanda Mazibuko
Dheeya Rampersad
Jomari Stronkhorst
Anke Theron
Direy Uys
Mashé van der Westhuizen
Anke van Wyk
Jade Victor
Lericha Whitlock



Excelda Seunskoshuis
Hoofseun: Fana Ngwenya
Erik Grobler
Telvin Mhlongo
Thulani Mthombeni

Denne Dogterskoshuis
Hoofdogter: Suné Smit
Zanele Masilela
Uyanda Mazibuko
Ayanda Mbungele

Lebo Tsotetsi

Streepmuise word trotse Middies

MHS Bal 2016 049 Medium

Tyd staan vir niemand stil nie. In die kort bestek van net ses maande het die gr. 8-groep talle veranderings ondergaan. Van oudste in die laerskool tot babas in die hoërskool. Onseker eerste hoërskooltreë en klasse soek het verander in ‘n vasberade drafstap… Streepmuise op pad na trotse Middies.

Wat het hierdie veranderinge teweeggebring? Hoofsaaklik die “Jedi’s”! Met die ontgroening se onderstebo en agterstevoor klere dra, bolla-muisore en middelpaadjies het ons gou geleer van ‘n ryke tradisie. Die gr. 8-kamp het ons as ‘n groep verenig en die kans gegun om nuwe vriende te maak so tussen die abseil, vlotbou en projekte deur.

Selfs die reën kon ons nie eens keer nie. Jedi Störm en Jedi Van Rooyen het ons die Middie-manier geleer: “Life is not waiting for the storm to pass, it’s about learning how to dance in the rain.” En dit is beslis ook letterlik bedoel!

Met die groentjiekonsert kon ons die res van die skool en ons ouers “salute” met ‘n “cup song” en ‘n danspassie of tien. Nou is ons reeds ingelyf en het al ‘n kaskardag verskeie portgeleenthede, ‘n toetsreeks en eksamen agter die blad.

Baie wil by ons weet hoekom het ons besluit om ‘n Middie te word. Die antwoord is maklik: Hier by Middelburg Hoërskool is akademie beslis nommer een prioriteit. Ons gr. 8’s is mal oor die (meeste) onderwysers. Dit is nie net die beste wat geleentheid kry om deel te neem aan sport nie. Die kultuurpresteerders loop hier breëbors rond. Hier hoort ons tuis. Hier kry ons geleenthede en word in totaliteit ontwikkel. Hier leer ons dat jy kán as jy net hard genoeg werk en die wíl het om te probeer.

Herinneringe word geskep deur aktief betrokke te wees by al die verskillende fasette van die Middielewe. Ons harte het trots geswel toe ons sien hoe goed die blyspel is. En met ons eerste Classic Clash het ons gou geleer dat wen beteken om met trots deel te neem in die groen en goud van Middelburg Hoërskool. Hier leer ons dat Jesus Koning is en die gewyde samesyn tydens saalopening elke Maandag is seker een van die kosbaarste herinneringe wat ons nou al bymekaar maak vir later se uithaal en onthou.

Die gr. 8-groep van 2016 kook beslis! Ons wonder nou net… As die Jedi-kat weg is, is die streepmuis seker baas…?

Vyf redes hoekom MIDDIES die skool is vir jou!

Akademie CustomLiewe Graad sewe leerder, daar is oneindig baie redes waarom JY Hoërskool Middelburg toe moet kom … maar hier is die top vyf volgens my:

Die eerste rede is dat ons hier by MIDDIES nie net ʼn skool is nie, ons is ʼn familie. Hier is nie ʼn skeiding tussen die ‘slimmes’, ‘dommes’, ‘sporthelde’, of ‘kultuurdiere’ nie. Hier is almal tjommies … want dis hoe ons rol ;-)

2. As jy MIDDIES toe kom, waarborg ons jou goeie akademie. Iemand wat bereid is om hard te werk, stap verseker by hierdie skool uit met punte wat Einstein ʼn go gee (of … amper ‘n go gee). Oh … en nog ʼn ding, Middies het sonder twyfel die beste hoof in die land, ek sê maar net ;-)

3. As jy ʼn sportliefhebber is, is MIDDIES definitief die plek vir jou! Hier is iets vir almal, you name it … we’ve got it. Jy hoef nie eers deel te neem nie, die krieketbraaie en geesvang by die rugby, hokkie en netbal is net so lekker! Om in ʼn groen-en-goud MIDDIE-span te speel, maak nie saak of dit tennis, hokkie, netbal, rugby, krieket of selfs vir die jeugskou is nie, is trots verby! Vir die kultuurdiere is daar MIDDIES GOT TALENT en ons bevange jaarlikse produksies!

4. Die vierde rede is die GEEEEESS! Ons sokkies is altyd jam-packed … en hier is die cool ding- toekomstige MIDDIE- jy hoef nie regtig eers te kan dans nie. (Maar outjies, vra maar vir mamma om jou te leer langarm vasdans, die meisies dig dit ;-)

5. Beste vir laaste, voornemende MIDDIE: ek waarborg jou dat wanneer jy, soos ek, al in matriek sit, en terugkyk na al die jare, sal jy ook die ongelooflikste herinneringe ooit, agter jou sien! Wees gereed om volwasse te word, ongelooflike lekker tye te hê en soms op die vloer te lê van die lag! Hierdie plek sal jy nooit vergeet nie. Jy sal alles onthou, vandat jy jou eerste dag uit die kar klim as onseker en awkward roekie, tot die laaste dag in graad twaalf!

Lizelle Pistorius – Hoërskool Middelburg, Hoofdogter 2012