Kultuur

Blyspel

Wonder bo wonder - Blyspel 2016



Bestel vandag nog jou DVD teen R220 by Louise by die skool.

Middies is nie net sportsterre en akademiese boffins nie, maar ook ‘n klomp “culture vultures”. Die blyspel, Wonder bo Wonder, is ‘n skitterende voorbeeld hiervan. Almal wat dit beleef het kan hiervan getuig. Die tweejaarlikse produksie is die hoofplatform van Middies se kultuur, maar natuurlik is daar ook ‘n paar pilare om die platform te ondersteun.

Die blyspel was weereens ‘n uitstekende produksie. Mev. Mariana van Rooyen was die uitvoerende regisseur. ‘n Oud-Middie, Elsa Kleynhans, was die dramaturg. Sy was in 2011 MHS se hoofmeisie en het in daardie jaar ook die skool se blyspel, Van Mozart tot Parow, geskryf. Sy het al die pad van Stellenbosch gevlieg om een vertoning van Wonder bo Wonder by te woon. Haar lewenslus is aansteeklik as sy die volgende vrae beantwoord:

Waar kom die idee van “Wonder bo Wonder” vandaan?

Ek was nog altyd mal oor sprokies en die idee dat dit ingeweef kan word by ons realiteit. 12Ek wou iets skryf wat op ‘n fabelagtige manier aktuele kwessies aanspreek en vir mense hoop gee. Nadat ek daaroor gebid het, het die Groot Storieman “Wonder bo Wonder” op my hart gelê.

Jy het 9 onderskeidings in 2011 verwerf. Wat was jou gunsteling vak?

Wiskunde en Visuele Kuns is kop-aan-kop.

In watter rigting studeer jy?

Ek studeer B.Rek. LLB – dis ‘n eiesoortige kursus wat net in Stellenbosch aangebied word. Jy doen ‘n graad in Finansiële Rekeningkunde en Regsgeleerdheid terselfdertyd.

Jy was een van Middies se top kultuurpresteerders. Hoe het dit jou bemagtig vir die lewe na skool?

Die prestasies as sodanig het my nie regtig bevoordeel nie, maar die feit dat ek passievol is oor kultuur en heelwat ervaring op kultuurgebied het, was verseker vir my voordelig. Op universiteit is kultuur aansienlik meer sigbaar en belangrik as op skool. Dit was vir my so lekker om saam met ‘n uiteenlopende groep meisies te sêr , toneel te speel en later te skryf aan Vensters (ons eerstejaarkonsert) en te dien as kultuur-HK van my koshuis. Ek het ook my “baie hot” verloofde se hart gewen by ‘n interkoshuis kultuuraand. Die hope interessante vriende wat ek gemaak het en my ontdekkings oor die mens en God is elke keer ‘n gróót voordeel van ‘n kreatiewe projek.

Wat is die boodskap wat jy wil oordra met hierdie blyspel?

In “Wonder bo Wonder” wil ek dit duidelik maak dat ons nie in die fisiese moet vaskyk nie. Dit is maklik om meegevoer te raak deur die negatiewe kwessies van ‘n bepaalde tyd – soos dit nou in Suid-Afrika die geval is. Alhoewel hierdie probleme (soos die messepunt-ekonomie, student-proteste en swak leierskap) nie geïgnoreer kan word nie, is dit bloot simptome van ‘n groter onderliggende donkerte. Wanneer ons begin besef waarteen ons werklik veg, sal ons die regte wapenrusting aantrek en die “simptome” sal natuurlik verdwyn. Verder moet ons ook die ware Verlosser, Jesus, aanvaar as die held van ons lewens en ons land.

Wat op skool het jou gehelp om te kom waar jy nou is?

My ma en pa! Die feit dat ek nog in my ouerhuis kon bly op skool het my vreeslik baie bevoordeel. Daar is natuurlik ook wonderlike onderwysers wat geskaaf het aan my karakter. Die feit dat ek heeltemal te veel aktiwiteite gedoen het, het my gehelp om nie oorweldig te word op universiteit nie. Hier is die aktiwiteite (sosiaal en andersins) heeltemal te lekker om mis te loop. ‘n Mens moet maar leer om ‘n groot hoeveelheid werk in ‘n kort tyd te begryp en in te neem.

Wie is jou rolmodelle?

My mamma, tannies en ouma. Ek was maar altyd hulle almal se dogtertjie en ek het waardevolle en uiteenlopende lesse by elkeen geleer.

Iets interesant oor jou wat jy dink ons moet weet?

Sjoe, wat ‘n mens móét weet en wat ‘n mens mág weet verskil partykeer! Okay, partykeer maak ek asof ek “famous” is en voer dan ‘n glanstydskrif-onderhoud (soos in die Sarie of Leef) in my kop met myself… Ek is lekker voorbereid vir hiérdie storie!

Hoe oud was jy toe jy begin het met drama en sang?

Ek het nog altyd gesing. Een van my vroegste herinneringe is waar ek in die huis rondloop en liedjies sing wat ek opgemaak het - gewoonlik oor die melodramatiese lewens van my Barbies. In die kleuterskool het ek as ‘n engel in wit ‘n geestelike weergawe van Backstreet-boys uitgevoer, as jy dit kan glo. Dit was die 90’s, so ek was “mal cool”. In graad een het ek begin sanglesse neem. My boetie sal sê ek was maar nog altyd baie drama! Ek het egter eers formeel daarmee begin in gr. 8.

Wat is jou leuse in die lewe?

“Seek first the Kingdom of God and His righteousness…”

Middies-kultuur is ‘n kaleidoskoop van sang, dans, drama en redenaarskuns. Saam met akademie en sport vorm dit ‘n belangrike bousteen om elke leerder toe te rus om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Blyspel collage Medium

Nou Wat Nou - Blyspel 2014

middies nou wat nou

Nou Wat Nou: 'n Blyspel uit die pen van 'n oud Middie, Melanie du Toit.

Wat 'n ongeloolike hoogtepunt was dit nie!

Die talent, klank en beligting was uit d boonste rakke.

18 soliste, 60 dansers, 27 koorlede, 12 drama, 18 mikrofone, 100 ligte en multimedia.

Baie geluk aan almal betrokke by hierdie pragtige produksie.

Die volgende is gesê van NOU WAT NOU:

"Awesome verby!"

"Ek het het Blyspel baie geniet, musiek, klank en die kostuums was ongelooflik."

"Kom so pas vd blyspel af. Geluk aan elke deelnemer en almal agter die skerms. Was een vd beste produksies wat ek nog gesien het. Well done ..."

"Ja!!! Sjoe!! Dis die moeite werd om te gaan sien. Baie goed en die kinders het hope talent!! Eks n trotse Middie ouer!!"

"Wow, Wow, Wow, Brilliant, I would just like to Congratulate All the Students that participated in the Blyspel, “ Nou wat Nou”, the talent that each individual showed was just amazing. It was really an excellent performance. I would also like to extend the congratulations to the production team and the School for putting on an Enjoyable evening. This goes to show that Middies is the Best.

Regards

David Douglas"