Kunstoer deur Europa

Deur Hanlie de Vaal

Een woord wat dieselfde beteken in alle Europese tale is “art”. Dit verwys gewoonlik na die ryke geskiedenis van die Europese Renaissance van kuns. ‘n Paar Middies het hierdie kunswerke gaan beleef in Europa. Maricelle Viviers, Dewalt Lindeque, Nika Holder, Monique Roos (gr. 12), Brett Hannay (gr. 11), Caroline Louw, Sharnie Venter (gr. 10) en mev. Duvenage het hierdie asemrowende werke gaan beskou vanaf 3 Julie tot 17 Julie. In Rome het hulle die St. Peter’s Basilica, Sistine Chapel, Colosseum, Roman Forum, National Gallery of modern art, Ancient Rome en Catacomb of Priscilla gaan besigtig. Op pad na Florence in Italië, het hulle by die San Gimignano en die Michelangelo Hill gestop om foto’s te neem en in Florence die Leermark besoek en ‘n toer deur die stad gedoen. In La Spezia het hulle by Pisa gestop om die Leaning Tower te sien. Hulle het ‘n dag spandeer op die Portofino strand. In Nice het hulle weer ‘n stadstoer gedoen en die Promenade des Anglais, Castle Hille en die Matisse Museum besoek. In Monte Carlo het hulle gaan go karting,  ‘n stadstoer gedoen en die Perfumery en Village of Eza besoek. Hulle het nog ‘n stadstoer gedoen in Brussels en Parys. In Parys het hulle ook die Eiffel Toring  binne gegaan en die tweede vloer besoek en hulle het selfs Mickey Mouse ontmoet in Disneyland Parys. In Amsterdam het hulle gaan ski by Snow Planet en die Madame Tussauds, Van Gogh museum, Vollendam en Giethoorn besoek. Dit moes ‘n belewenis wees om al dié wêreldbekende kunswerke te sien. En net soos Michelangelo op 87 gesê het, “I’m still learning “ het ons Middie-kultuurdiere nog baie om te leer.