| MHS Skoollied |
|---|
|
|
| Hoof Indeks | ||
|---|---|---|
|
| Informasie | ||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| Matriekuitslae van 2010 |
|
100% vir MHS! Middelburg Hoërskool se matrikulante van 2010 het briljant presteer! 216 leerders het die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen afgelê en almal was suksesvol, dus 100% slaagsyfer vir MHS. Die 216 Graad 12 leerders van 2010 het altesaam ʼn magdom van 356 onderskeidings verwerf. 125 leerders ( 58%) slaag met universiteitsvrystelling. 29 kandidate slaag met ‘n 80% en hoër gemiddeld. Vier leerders spog elk met agt onderskeidings. Die slimkoppe wat elk met agt onderskeidings spog is Emuel Venter, Marthinus Viljoen, Mart-Mari du Bruyn en Bernice Taljaard. Sewe leerders het sewe onderskeidings. Hulle is Minette Stander, Isabella Bronkhorst, Tertius Carlile, Michanke du Preez, Bianca Jansen, Gert Jordaan en Dwayne Mattison. Drie leerders het ses onderskeidings: Tiaan Prinsloo, André Erasmus en Lineo Kuali. Vyf leerders het elk vyf onderskeidings: Amy-Lee Clack, Jeandré Taljaard, Elizma van Rooyen, Claudia Goosen en Annyka Grobbelaar . Elf leerders het elk 4 A's en 15 leerders verwerf elk 3 A's. MHS glimlag breed met 39 Afrikaanse onderskeidings, 18 in Engels, ‘n verstommende 60 in Wiskunde, 135 in LO, 13 in Fisiese Wetenskappe, 19 vir Lewenswetenskappe, 13 in Rekeningkunde, 5 in Besigheidstudies, 4 in Geografie, 4 in IT, 14 in CAT, 5 in Visuele Kunste, 14 in Ontwerp, 11 in Toerisme, 2 in Gasvryheidstudies, Baie geluk aan elke matrikulant. Julle het hard gewerk en puik presteer.
|
| Toelatingsvorms |
|---|
Skool toelating vorms - Afrikaans
Skool toelating vorms -EngelsEpos : This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it |
| Kalender |
|---|
|
Onthou om die "School Communicator" dop te hou vir die nuutste gebeure! |
| Wat gebeur op Facebook? |
|---|

Brief vir voornemende middies vir 2013
Letter for application 2013