|
Ons Gr 12 – Leerlinge se akademie is vir ons baie belangrik en daarom is daar VERPLIGTE ekstra klasse.
Die rooster is as volg:
Maandae:
Wiskunde 13:30 – 14:30
Dinsdae:
Lewenswetenskappe 13:30 – 14:45
Woensdae:
IT/Landbou/Gasvryheid 13:30 – 15:00
Donderdae:
Fisiese Wetenskappe 13:30 – 14:45
Landbou en Gasvryheidstudies sal elke tweede week n ekstra klas hê – leerlinge sal vroegtydig in kennis gestel word.
Sterkte aan u en motiveer asseblief u kind om op akademiese gebied sy/haar beste te doen.
|
|
|
Veiligheid word drasties opgeskerp by MIDDIES! |
|
Die veiligheid van ons leerders en onderwysers is vir ons van kardinale belang. Verskeie opsies en planne word tans in diepte ondersoek om alle MIDDIES se veiligheid op die skoolgronde te verseker.
|
|
|
Beste akademiese skool in Middelburg! |
|
MHS is tydens 'n spoggeleentheid wat deur die Departement van onderwys van Mpumalanga aangebied is, as die vyfde beste akademiese skool in Mpumalanga gekroon.
Niki Bezuidenhout, ons toppresteerder van 2009 is met sy agt onderskeidings en 'n algemene gemiddeld van 95% as die nommer een student in Mpumalanga aangewys!
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 Next > End >>
|
| Results 1 - 4 of 5 |